'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Dit is daardie oomblik wat ’n atleet vir geen verklaarbare rede net nie kan aangaan nie. Dis ’n oomblik waarbinne alle energie net eenvoudig verlore is. Dit lyk of hulle sterk gaan klaarmaak, maar dan vir geen spesifieke rede is daar net eenvoudig ’n insinking.

Nou net soos wat atlete ’n muur slaan, slaan ons ook iewers in ons reis met die Here ’n muur van nie-verstaan. Elkeen van ons bereik ’n punt in ons wandeling met die Here waar dinge nie vir ons sin maak nie. ’n Muur van nie-verstaan.

Die moeilike realiteit van hierdie muur is dat dit gebeur in enkele oomblikke. Dis nie ’n oomblik waarvoor ons voorbereid of reg voor kan wees nie. Ons kan dit nie sien kom nie. Hierdie muur van nie-verstaan kom vinnig op ons af. Soms kom dit in ’n oproep of ’n roetine checkup. Iewers in ons wandeling met die Here beleef ons iewers ’n onverwagse oomblik van ontnugtering.>>

Lees verder: ’n Muur van Nie-Verstaan

Het jy al gestem vir jou gunsteling foto? Vrydag 17 September tel elke Rand twee stemme! Hierdie “Powerplay” is net vir een dag.

Moenie die kans misloop nie.

Kliek hier en lees hoe om te stem.

Hierdie Sondag is ook 'n Kiddie- en Kleuterkerk om 9:00

Ons vra dat die groep in voorbereiding vir Donderdag kennis neem van die Skrifverwysings in die jongste twee e-posse; plus 1 Korintiërs 9:19-23 en Johannes 3:6-21. Dink na oor die aard van die genade Evangelie en die geestelike wedergeboorte (bekering) wat voortspruit. Wat is die basis van “geloofsekerheid”?

Hier is die skakel vir Donderdag se Zoom-sessie:
https://us04web.zoom.us/j/74988605413?pwd=UDdrK0NEcWJQd2VuQVdiTjdaRzN4UT09
Meeting ID: 749 8860 5413
Passcode: YmdP98

Ons as projekspan fokus uiteraard op instansies wat geskep is om “haweloosheid” aan te spreek en wel daar waar daar bestaande struktuur is. Ons missie verwoord dit as volg: “Ons reik uit na haweloses in die Helderberg-omgewing en fokus op verantwoordelike betrokkenheid by hul geestelike en fisiese nood”.

“Haweloses” word deur ons gekategoriseer as mense sonder werk en dus met geen inkomste en ook meestal geen heenkome of verblyf. Baie bevind hulle dan op straat waar hulle begin bedel en aan misdaad en alkohol/dwelm misbruik blootgestel word. Kinders is ongelukkig ook deel van hierdie groep.

Alhoewel ons betrokke is by 6 projekte, wil ons met vanjaar se getuienis slegs fokus op “Bright Lights”, want hier word na hawelose kinders omgesien. Ons ander projekte is “Helderberg Street People’s Centre” of sgn. “Thomas House of Hope”, Terioskool (ook gemik op kinders uit disfuksionele families), “Somerset West Village Garden”, die Nagskuiling en nou ook die nuwe Familieskuiling.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Projekspan vir Haweloses

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri