'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Liewe Helderberg-gemeentelid 

Oor die afgelope 52 jaar is ons as gemeente onderskeidend besig met die opbou van die Koninkryk van God. Ons leef met ’n passie vir God en ’n hart vir mense en ’n wêreld in nood. Ons grootste getuienis is dat die lig van Christus helder brand in huishoudings, besighede en verhoudings regoor die wêreld deur elkeen van ons lidmate.

Ons wil graag dankie-sê vir elkeen wat oor die jare ‘n finansiële bydrae maak om hierdie roeping te sien groei. Daarsonder sou niks moontlik gewees het nie.

Die Rentmeesterspan het oor die laaste paar weke onderskeidend besin oor die gemeente se huidige finansiële posisie en wil graag die volgende belangrike inligting met julle deel.

Dit is met groot dank dat Helderberg Gemeente ‘n gereelde maandelikse bydrae van sowat 490 lidmate ontvang. Sonder hierdie bydraes kan die gemeente nie salarisse of algemene oorhoofse kostes van Helderberg Gemeente of Helderberg Uitreik geadministreerde projekte betaal nie. Verder gee 228 lidmate ook ‘n maandelikse bydrae direk vir Helderberg Uitreik geadministreerde projekte en gemiddeld 54 lidmate gee 'n maandelikse bydrae vir die Versorgingsfonds.>>

Lees verder: Rentmeesterspan vra

Bid asseblief saam met ons vir:
- Vroue reg oor die wêreld.
- Jong meisies wat swaar kry oor hul selfbeeld en druk wat hulle ervaar agv sosiale media en die verwagtinge van die wêreld.
- Vroue wat graag wil kinders hê, maar sukkel daarmee.
- Ma's wat die druk van 'n loopbaan en ma-wees en die balans daarmee ervaar.
- Vroue en meisies wat mishandel word.
- Oumas wat ver van hulle kleinkinders is en nog iets vir hulle kinders wil beteken.

Wie of wat inspireer jou? Die twee Suid-Afrikaanse vroue wat medaljes op die Olimpiese Spele verower het, het my geïnspireer. Nie net deur hulle toewyding en prestasie nie, maar veral deur hulle menswees, hulle lewe en hulle waardes. Dit is rolmodelle soos hulle wat ons laat droom; nie net oor prestasies nie, maar oor ‘n positiewe lewe wat ‘n verskil kan maak.

Ons het inspirasie nodig. Kyk rondom jou en sien die mense raak wat jou hoop gee en lus maak vir die lewe. Sondag gaan ons in ons erediens na Jesus Christus kyk wat ons nie net inspireer soos ander deur ‘n voorbeeld nie, maar deur sy Gees ons letterlik IN-spireer tot geloof en hoop en liefde. Jy is genooi! – Danie Möller

Onthou ons inry-diens Sondag om 09:00, jy hoef nie vooraf te bespreek nie. Die digitale dienste gaan steeds voort en is beskikbaar op ons YouTube-kanaal, ons Facebook, webblad en ook op die gemeente se WhatsApp-groep. Sondag se deurkollekte gaan vir Studentebearbeiding.

Kom geniet inry-dienste vir die maand van Augustus saam met ons. Geen bespreking is nodig nie. Bring gerus die volgende saam:
'n Kombers vir die koue,
Koffie vir die lekkerte,
'n Happie of twee net omdat jy kan!
Son, wind of reën
is vir ons geen probleem
Helderberg wil jou graag seën!

Het goed al ooit so deurmekaar gelyk soos nou? Sondag gaan ons stil staan by Openbaring 4. Johannes en die mense van sy tyd beleef ‘n tyd soos ons waar dit voel of alles uitmekaar val. Die mense kyk na wat om hulle gebeur en hulle roep moedeloos uit daar is nie hoop nie. Johannes sien ook alles wat gebeur, maar in die middel van alles sien hy iets wat vir hom moed gee. Sien hy hoe sit God op die troon en dat Hy heers. Meer nog dit word so ‘n oorweldigende belewenis van God se grootheid en teenwoordigheid dat die res van die prentjie so bietjie verdwyn en Johannes kan nie anders as om uit te roep saam met die engele nie.

Party lees Openbaring en word angstig en onseker omdat daar soveel dinge is wat nie sin maak nie, of wat verskillend geïnterpreteer kan word. Ander lees Openbaring en vind rus, omdat soos die wêreld deurmekaar is, so ook Openbaring, maar in die middel is daar ‘n anker, ‘n vaste plek van hoop. Oorheers God se grootheid die angs. Vandag gaan ons STOP en fokus op die God in die middel van die chaos. – Paul Barnard

Die diens is beskikbaar op ons YouTube-kanaal, ons Facebook, webblad en ook op die gemeente se WhatsApp-groep. Sondag se deurkollekte gaan vir Pêrelprojek.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri