'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Dit is lekker om met die gemeente te deel dat dit beter gaan! Ons maandelikse tekorte is minder. Dit stel ons in staat om meer te doen! As rentmeesters glo ons dat die volgende twee hoogtepunte van 2023 ‘n wesenlike rol gespeel het:
- Die basaar het verwagtinge oortref. Die deelname van baie mense het ons kollektiewe siele verkwik, maar ook die kerk se fondse versterk. Die basaar se sukses is die direkte gevolg van baie gemeentelede se harde werk en opdaag.
- Die onlangse erediensreeks oor “Dankbaarheid” is ook baie positief ontvang. Die terugvoer van gemeentelede was dat die reeks relevant en tydig was. Dit het ook ‘n merkbare verskil gemaak in dankoffers en maandelikse bydraes.

Die kerk is finansieel deur ‘n moeilike tyd, sedert COVID. Dalende bydraes, het ons finansies onder baie druk gesit. Soos by baie gesinne en besighede, was die afgelope jare “tough”. Die gevolg was tekorte op die kerk se jaarlikse begrotings. Dit het ons genoodsaak om ons reserwes aan te wend ten einde ons gemeente se opdrag van God te bly uitvoer: “Leef met ‘n passie vir God en ʼn hart vir mense en ‘n wêreld in nood”.>>

Lees verder: Terugvoer vanaf die Rentmeesterspan

Die Sri Lanka Projekspan het onlangs 20 jaar van ons betrokkenheid met die Christian Reformed Church van Sri Lanka (CRCSL) gedenk is nog steeds betrokke by 3 bedieningspunte.

As gevolg van veiligheidsredes wil ons eerder nie name en dorpe noem nie omdat hulle dalk onnodig blootstel kan word. Die projek befonds die 3 evangeliste se vergoeding, programme en toerusting. Ons het ‘n nuwe memorandum van verstandhouding onderteken wat ons werksaamhede en verhoudinge net nog verder verbeter.

Ons Uitreikbestuurder, Melanie Smit, ons vorige Uitreikbestuurder en verteenwoordiger van NG Kerk Constantia (vennoot van Helderberg Uitreik en Sri Lanka Projek), Louise Theron en die Projekleier Paul Kilian het in November 2023 besoek afgelê by ons vennoot en die missiestasies. Ons het ook vir Melanie Smit blootstelling gegee aan die kultuur en voorgestel aan al die verkillende rolspelers.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Sri Lanka Projekspan

Het jy onlangs met ‘n bruid gesels wat gaan trou? Sy doen alles in haar vermoë om gereed te wees vir die troudag. Eerskomende Sondag is die eerste van ons vier Adventsondae ter voorbereiding vir Kersfees. Die fisiese voorbereiding vir Kersfees is baie belangrik – net so die geestelike voorbereiding. In Mark 13:24-37 lees ons verskillende dinge oor die “Koms van die Seun van die Mens”. Vier keer word die woorde “Wees waaksaam” gebruik (vv 33, 34, 35, 37).

Ons as gelowiges wil gereed wees vir Kersfees – ook gereed wees vir Jesus se wederkoms. Ons kan geen sekonde op aarde sonder Hom leef nie en wil elke dag leef asof dit ons laaste dag op aarde is. Kom Sondag en begin voorberei vir Kersfees.

Sien jou Sondag
Danie O’Kennedy

Sondagaand is dit ons groot Kerssangdiens. Hierdie jaar se storie is ‘n welbekende een, maar met ‘n bietjie van ‘n komiese en trots Suid-Afrikaanse geur. Die voorsang begin om 18:45, so kom sing lekker saam.

By gisteraand se Kerkraadsvergadering is Roux Joubert (heel links) gekies as nuwe Voorsitter van die Kerkraad en Annette Gerber (tweede van links) as Ondervoorsitter. Baie dankie aan die uittredende Voorsitter Aneleh Fourie-Le Roux (tweede regs) en Ondervoorsitter Andre Westraat (heel regs) vir julle kosbare bydrae vir die Gemeente. By die vergadering is Coenraad Fraenkel verkies as nuwe kerkraadslid.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri