'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Baie dankie vir die mense wat reeds aangemeld het, ons wil egter elke week vir julle 'n lysie stuur van spanne wat nog mense nodig het. Ons waardeer elke persoon se hulp, geen hulp is te klein nie. 

Klank en beeld – kontak vir Claude Furniss by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
• Klank en video op Sondae (tegniese agtergrond sal help, maar opleiding sal aangebied word)

Aanbidding – kontak vir Annette Gerber by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
• Erediensspanne vir die vier verskillende dienste
• Dekor van die kerk en dienste
• Levi’s doen die ontvangs by deure, opneem van offergawes en nagmaalbediening

KidsXpress vier in 2021 ons 17de verjaarsdag! Toe KidsXpress in 2004 gestig is, het die Here aan ons die beeld gegee van die mosterdsaadjie, die kleinste saadsoort bekend in die Bybelse tyd.

Ons het besef dat ons klein begin, met net een gepubliseerde titel, maar dat die bediening sou groei om ‘n groot boom te word waaronder die kinders van Suid-Afrika skuiling kan vind.

Vandag kyk ons terug oor 17 jaar en meer as 40 titels wat kinders help om die Evangelie te leef, waarvan baie ook na Engels vertaal is, asook ‘n Xhosa kleuterreeks wat die Goeie Nuus van Jesus verkondig.

KidsXpress se nuutste reeks is “Ons Koning Kom”. Hier is Minette Krog van die Truth2kids-projek se indrukke van Ons Koning kom: “Kinders word op hulle vlak begelei om die breër verband te verstaan tussen gebeure in die Ou Testament en Nuwe Testament, en so die groter prentjie van God se plan raak te sien. Hulle kan opgewonde ontdek hoe God se beloftes, wat deur die profete voorspel is, honderde jare later waar geword het met die koms van Koning Jesus. Hulle leer dan hierdie Koning ken as dié Een wat gekom het om te dien, ons te red en die Oorwinnaar is.”>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: KidsXpress

Lekker warm winter-etes beskikbaar Sondag, 30 Mei
Kies tussen:
Nr 1 – Varkboud, kapokaartappels en groente/slaai OF
Nr 2 – Hoender Cordon Bleu, aartappel wiggies en groente /slaai
@ R65 pp, asook malvapoeding en vla @ R25
Bestel voor 12:00, Donderdag, 27 Mei, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of by Ontvangs.
Etes kan Sondag tussen 11:00 -12:00 afgehaal word in die Tent. Betaling geskied by afhaal.
Maak so ‘n koue winter Sondag beter.

Hannes Theron, afgetrede leraar van Helderberg Gemeente, en Pia Nänny, projekleier van Helderberg Uitreik se Rampverligtingprojek, is veilig tuis nadat hulle die Boesmanland-Red-’n-plaas-Camino voltooi het. Hulle het oor 15 dae ongeveer 300 km van Calvinia na Garies gestap om fondse in te samel vir die NG Kerk in Noord-Kaapland se rampdroogteprojek. Lees wat vertel Hannes van sy ervaring:

314 km stap in die Knersvlakte en Boesmanland – van Calvina tot in Garies – geen regdenkende mens pak mos so-iets aan nie. Tog, as ek kan, doen ek dit weer. Die reuk van die aarde, die suiwer skoon lug, die helder sterre; ja, die droogte wat in jou gesigveld kom staan, die vernietigende effek daarvan op die plantegroei, gemeenskappe en omgewing - dit sal my altyd bybly. Die reuk van stof kom sit in jou neusgate en die droogte kom sit in jou hart en dit breek jou hart wanneer ‘n boer met ‘n diep hartseer in sy oë sê: “Al kom die reën weer, die veld sal nie in my leeftyd herstel nie . . . die vernietigende effek daarvan is net so omvangryk”.

Tog word jy ook geraak deur die hoop – die hoop as geskenk van God aan mense. Ek is geraak deur mense wat bly vorentoe kyk en ‘n boer wat sê: “Dalk moet ons minder bid vir reën en eerder begin bid vir wysheid om anders te begin boer in ‘n omgewing wat verander as gevolg van aardverwarming. Ons moet die nuwe werklikheid in die oë kyk”.>>

Lees verder: Die Boesmanland Camino – ‘n terugblik

Jy hoef nie hierdie pynlike pad alleen te stap nie. Kom word deel van ons ondersteuningsnetwerk waar mense verstaan.

Vir navrae kontak Annette Botha by 072 189 9360

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri