'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Te danke aan mildelike bydraes uit die gemeente en gemeenskap kon Helderberg Uitreik se Rampverligtingprojek verskeie mense en gemeenskappe in die afgelope jaar bystaan.

Die COVID-19-pandemie het die fonds se aktiwiteite vir die grootste deel van die jaar oorheers en die COVID-19-rampverligtingfonds het sedert sy ontstaan in Maart 2020 meer as R500 000 uitbetaal aan individue, klein besighede, organisasies, sopkombuise en vennote wat kospakkies verskaf het. Deur die COVID Medies-inisiatief het die projek die verspreiding van meer as 800 omgeepakkies na gesondheidspersoneel en versorgers in die Helderberg-kom gefasiliteer om hulle te bedank en te bemoedig.

Die projek het in hierdie tyd steeds droogtehulp verleen, met ’n fokus op Sutherland, waar ons die Johenco Tehuis vir Bejaardes ondersteun.

Hannes Theron, afgetrede leraar van Helderberg Gemeente, en Pia Nänny, projekleier van die Rampverligtingprojek, sal van 8 tot 22 Mei die Boesmanland “Red-’n-plaas”-Camino, wat oor meer as 300 km strek, aandurf om bewusmaking te doen oor die feit dat die droogte in die Noord-Kaap nog nie gebreek is nie, en om geld vir die NG Kerk in Noord-Kaapland se rampdroogteprojek in te samel. Lees die berig hier om te sien hoe jy die stappers kan ondersteun.

Pia Nänny - Projekleier

Dink aan ‘n oomblik toe jy God as “regtig” ervaar het … Al weet ek God is “regtig”, is daar tog tye wanneer dit meer as “weet” word. Wanneer my hart warm klop of die hoendervleis op my arms uitslaan. Met party van ons gebeur dit meer gereeld as met ander. Die ervaring van die lewende God bly egter spesiaal.

So was dit ook vir die twee volgelinge van Jesus op pad terug na hulle huis in Emmaus. Hulle het teleurgesteld geglo dat Jesus dood en begrawe is. Toe verskyn die opgestane Jesus aan hulle. Eers herken hulle Hom nie, maar toe hulle besef wie dit was, is hulle treffende woorde: “Hoe warm het ons harte nie geklop nie!”

Dit is waaroor ons saam met Danie Möller Sondag in die kerk gesels. Sien jou daar.

Die deurkollekte gaan vir die Instandhoudingfonds.

Jy is ook genooi.

Helderberg is ‘n groot gemeente en daar is mense wie se paaie dalk nooit hier sal kruis nie. Boonop beperk die huidige Covid -regulasies ons om na die dienste oor ‘n koppie koffie te kuier. Ons het dus kleiner kuiergroepe begin vir mense wat belangstellings deel. Tans is die Tuin-, Kreatiewe-, Fotografie- en Stapgroep aktief.

Indien jy wil inskakel daarby, stuur jou naam, selfoon nommer en belangstelling na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of kliek hier vir die Kuiergroep-vorm en gee dit in by Ontvangs. Ons sal jou ook help om ‘n nuwe groep te begin indien jy ander belangstellings het.

Hoop om jou daar te sien!

Ons het hom hoor preek, gesien op Facebook en YouTube, maar nou wil ons nog bietjie meer weet van Deon Els. Lees gerus die stukkie wat hy geskryf het oor homself en sy familie.

Wie is die Else?
Vir almal wat wonder, ons is ongelukkig nie familie van Ernie Els nie. Ek het ’n liefde vir die sport, maar sonder besonderse talent. Ek en Liesel het mekaar as studente by Tukkies ontmoet en is in 2012 getroud. Liesel is ’n pediatriese fisioterapeut wat spesialiseer in die neurologiese ontwikkeling van kinders en babas. Oor die laaste 5 jaar het sy ’n praktyk opgebou in Gqeberha (Port-Elizabeth) wat 3 hospitale se neonatale intensiewe sorg eenhede behandel het. Ons het twee dogters, Olivia (3 jaar) en Emily (4 maande) wat ons lekker aan die gang hou. As gesin geniet ons dit om te kamp en gaan stap graag met ons honde. Twee groot passies in ons huis is branderplankry en fietsry. Ek luister graag Spoegwolf en sal nog eendag ’n vertoning in die botaniese tuin wil bywoon.>>

Lees verder: Vertel vir ons meer van Deon...

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri