'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Almal is welkom om die geleentheid by te woon.

Kinders, kom kry julle roomys na die diens in die Tent.

Ons is aan die einde van die jaar en as ons terugkyk is dit in dankbaarheid. Dankbaar omdat ons God se getrouheid en genade deur die jaar kan sien. Dankbaar dat hierdie God ons nie net lief het nie, maar dat Hy kies om ons as sy instrumente te gebruik om die evangelie van Jesus Christus vir ons gemeenskap ‘n werklikheid te maak.

Hierdie Sondag vier ons fees, ons sing en dans voor die Here. Die eredienste word so ingeruim dat die klem lê op feesviering.

Dink bietjie waaroor is jy hierdie jaar dankbaar, in die diens gaan daar ‘n geleentheid wees vir getuienis. Kom deel jou dankbaarheid.

Sien jou Sondag
Paul Barnard

Dié bediening het verlede naweek hulle jaareindfunksie gehou en daar was ongeveer 50 mense wat dit bygewoon het.

Die Aanbiddingsbediening is altyd op soek na nog mense om deel te wees van die span. Kom gesels met hulle en kyk waar jy kan inpas en 'n verskil kan maak. Kontak vir Olivia by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of bel sommer die kerkkantoor by 021 851 5582.

Hierdie span sorg vir alles wat op 'n Sondag gebeur tydens die dienste, van die musiek tot die klank, Levi's en nog meer.

Elkeen van ons was al in ‘n situasie waar ons gevoel het “Dis nie fair nie”. Ek wonder baiekeer hoe die Here na ons as mense kyk. Hy gee so baie vir ons, maar dikwels is ons nié bereid om veel terug te gee nie. Ons wil alles vir onsself hou. Is dit fair?

Hoe bepaal ek wat ek vir die Here en sy kerk moet gee? In Mal 3:6-12 praat die Here ernstig met sy volk. Is hierdie woorde vandag nog vir ons geldig? Wat beteken bekering werklik? Sal ek meer geseën word as ek meer gee? Moet ek gee al sukkel ek om met my geld uit te kom? Kan alles wat ek van God ontvang van my af weggeneem word? Die Bybel praat direk met ons en ons wil mekaar as gelowiges help.

Sien jou Sondag
Danie O’Kennedy

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri