Lyndon Mactavie is 'n VGK student wat sy kerklike navorsingsjaar by Helderberg Gemeente doen en sy tema is Versoening deur sport. Ons het vir Lyndon ‘n paar vrae gevra om so bietjie meer te hoor wie hy is.

Hoe weet ek die Here is Lief vir my?
Ek weet die Here is lief vir my deur sy genade wat Hy aan my gee dag na dag en die persoonlike verhouding wat ek met God het. Ek sien sy teenwoordigheid en liefde nie net in my stilte tyd nie, maar ook in alle daagse dinge rondom my.

Wat is my droom by Helderberg?
My droom by Helderberg is om verder geestelik te kan groei en te kan sien hoe die Here die verhouding met Helderberg en al die gemeentes rondom die kerk sterker maak. Ek droom om te sien hoe die Here met Helderberg Gemeente werk sodat ons ‘n gesig van versoening kan sien, waar Jesus ons bande horisontaal versterk en vertikaal saam met Hom.

Wat is my eerste belangrikste indrukke van Helderberg?
Die gemeente is ʼn baie inklusiewe gemeente, ʼn gemeente wat baie oop en warm is en waar ʼn mens baie gemaklik mee voel.>>

Waar het ek groot geword en hoe het ek op hierdie pad beland?
Ek is gebore in die dorp Worcester en terwyl my moeder geleer het in die Kaap het ek my eerste 5 jaar by my ouma spandeer in Worcester. Ek het toe saam my ma en pa Paarl toe getrek waar ek my hele lewe lank nou al bly. Ek het ʼn ouma wat baie sterk in haar geloof is en sy bid baie vir my en ook ʼn ma wat my die vryheid gegee het om te onderskei wat is reg in verkeerd en my verstaan van God te kon kry. Ek het oor die jare agter gekom dat God se roeping sterk op my lewe lê en moes geleenthede wat ek gekry het om oorsee krieket te speel opgee, want God het ander deure vir my oopgemaak waar ek by Universiteit Stellenbosch kon Teologie studeer en saam vir die universiteit krieket kon speel.

Die Here het ‘n besonderse woord in my lewe kom plaas naamlik “Versoening” en deel van my roepingsverhaal is versoening die middelpunt daarvan.

Waarheen dink ek is ek op pad met die Here? En wat dink ek wil Hy nog met my doen?
Ek persoonlik hou vas aan die teks van Jeremia 33:3 wat sê” roep my aan en ek sal jou vertel van onweerstaanbare dinge waarvan jy nog nie weet nie”. Ek glo dat die Here werklik met my gaan werk deur versoening en net deur myself te wees sodat God vir my op sy unieke manier sal gebruik, die manier waarvan ek nog niks weet nie soos Jeremia 33:3. Ek kan sien hoe God met my werk deur verhoudings, sport (veral krieket) en baie meer, maar ek is baie gretig om te sien wat God nog gaan doen.

Wat moet mense nog van my weet?
Soos voorheen gesê ek is mal oor krieket en enige ander sport. In my vrye tyd praat ek by verskillende konferensies oor versoening, werk aan sosiale geregtigheid waar ek saam Prof Thuli Madonsela werk en hou van tyd saam familie en vriende spandeer en rig ook krieket af. Ek het ook drie honde waarvoor ek baie lief is. Laaste interessante feit is dat ek hou van musiek en hou ook van gedigte skryf en lirieke skryf.

Lyndon ons hoop jy is baie gelukkig en geseënd by Helderberg en dat versoening altyd deel van jou wese sal wees. Mag die Here jou hiermee seën en gebruik soos in Jer 33:3.

 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri