Dienste word lewendig uitgesaai op YouTube, gaan na YouTube en teken in by Helderberg Gemeente.
Eredienstye (somer):
08:00 Klassieke diens
08:30 Meditatiewe diens
09:00 Hoop (Sitari) - skoolsaal van Curro Skool
09:30 Informele diens
09:30 Kiddie- en Tekkiekerk
10:00 Helderberg Village - Kilberry saal
18:00 Tieners
19:00 Aanddiens
(Wintertye begin op 2 Junie 2024)
Tipiese aktiwiteite gedurende die week:
Dinsdagoggend – gebedsgroep wat bid vir die kerk en die land van 06:00-06:45, kom bid saam al kan jy dit net een keer per maand doen.
Woensdagoggend – Kreatiewe Kuiergroep kom elke 2'de Woensdag in die Tent bymekaar om 10:00. As jy lus het om iets kreatief te doen kontak vir Magdel by 082 400 0903.
Donderdagoggend – Bybelstudiegroepe. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans).
Vrydagoggend – Manne Bediening kom bymekaar in die Kapel om 06:00, hulle bid saam en gesels saam. Kontak vir Jaco by 083 675 5687 of Leon by 081 019 0710 indien jy meer wil weet.
Dan is daar ook verskeie omgeegroepe en wyksgroepe, asook ‘n groep vir jong werkendes. Gesels met René meer hieroor by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 5582, sy kan vir jou meer vertel oor al die kleingroep.
Helderberg Uitreik het ’n splinternuwe baba: Helderberg Babas
Om Werner en Tania Schultz elke paar maande met ’n pasgebore babatjie by eredienste te sien, is geen ongewone gesig nie. Die babas wat versorg word is babas wat wag op aanneming en word tydelik versorg totdat die baba wetlik aanneembaar is. Dit is gewoonlik ’n minimum periode van 60 dae en kan tot so lank as 6-8 maande duur, veral indien die aanneming internasionaal plaasvind. Tot dus ver kyk hulle na slegs een baba op ’n keer. In die afgelope 8 jaar het hulle reeds aan 13 babas tydelike veilige versorging gebied.
Werner en Tania beleef dat die Here dit op hul harte plaas om vanaf 2020 hul huidige kapasiteit om een baba op ’n keer te versorg uit te brei na ses babas. Hulle wil só graag die groeiende nood aan die versorging van dié kosbare babas help aanspreek. Hulle is as Tydelike Veilige Sorg-ouers reeds deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling goedgekeur om ’n maksimum van ses babas op ’n keer te versorg. Dit het egter ’n groot finansiële implikasie aangesien die versorging van die babas 24 uur per dag plaasvind en baie arbeidsintensief is. Ses versorgers, wat dag en nag op ’n rotasie-basis in 12 uur skofte werk, sal aangestel moet word. Die uitgawes aan bv. formule melk en doeke raak uit die aard van die saak hoër hoe meer babas versorg word. Die gemiddelde maandelikse koste beloop sowat R9 000 per baba. Die Helderberg Baba-projek sal hierdie visie van Werner en Tania om tot ses babas op ’n keer te versorg, ondersteun.
Om die maandelikse begroting van R54 000 vir die gelyktydige versorging van ses babas te laat klop het ons 108 lidmate nodig om elk R500 per maand te gee. Enige bydrae, hoe groot of hoe klein ookal, sal natuurlik baie welkom wees. Dit sal ook wonderlik wees indien maatskappye uit hul Social Developement Responsibility Fund ’n maandelikse bydrae kan maak. ’n Artikel 18A-sertifikaat kan op versoek uitgereik word vir belastingdoeleindes. Kontak ons asb. indien jy dink dat ons ’n voorlegging aan jou maatskappy kan maak. Bydraes kan inbetaal word by Helderberg Uitreik, ABSA Helderberg, Rek no. 911 4483 080, Takkode 632005, Verwysing: Helderberg Babas.
Fisiese skenkings van babaprodukte, speelgoed en kleertjies is ook baie welkom. Kliek hier om die behoeftelys af te laai. Deel asb. ook ons behoeftes met vriende wat babas het en graag van hul baba-benodigdhede, wat nie meer gebruik word nie en in ’n goeie toestand is, sal wil skenk. Skenkings kan afgelaai word by Helderberg Gemeente se kerkkantoor, gemerk: Helderberg Babas.
Ons glo dat die versorging van hierdie kinders God se hartklop is. Psalm 68:6 en 7 beskryf God as: “’n Vader vir weeskinders en ’n beskermer vir die reg van weduwees (is God in sy heilige woning). God laat eensames in ’n huisgesin woon.....” Die liefde en aandag wat die babas in tydelik versorging ontvang is onontbeerlik vir hulle ontwikkeling en vir hulle aanpassing in hulle nuwe huisgesinne wanneer hulle aangeneem word. Ons wil graag Christus se hoop bring in hierdie kinders se lewens deur die onvoorwaardelike liefde en gebed wat deel van hulle daaglikse versorging vorm.
Werner en Tania is ook beskikbaar om by omgee- en bybelstudiegroepe oor die Helderberg Baba-projek te kom praat. Omgeegroepe sal ook ’n spesifieke baba kan “aanneem” om spesiaal vir die baba te bid tydens sy/haar verblyf in Tydelike Veilige Sorg. Helderberg Babas sal ook vrywilligers benodig om per geleentheid met die versorging van die babas te help.
Die bekende gesegde, It takes a community to raise a child, is hier meer van toepassing as ooit. Wanneer die gemeenskap deur die liggaam van Christus hande vat, is ons oortuig dat hierdie projek Christus se hoop kan bring aan hulle wat die mees kwesbaarste is nl., kinders in nood.
Projekleier: Karin Alheit
Tydelike Veilige Sorg-ouers: Werner en Tania Schultz
Werner en Tania gaan steeds voort met die werksaamhede van KidsXpress deur evangeliese lesmateriaal vir kinderbediening beskikbaar te maak. Die bydraes van KidsXpress se getroue ondersteuners word opreg waardeer.
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
-boodskappe: 074 271 1589
Facebookgroep
Word gerus deel van ons Facebookgroep met die naam: Helderberg Gemeente gesels lekker
Word deel van ons WhatsApp-groep
Wil jy die skakels na die preke en ander inligting kry op WhatsApp, kliek op die skakel hieronder met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0
Of gebruik die QR kode:
- maak WhatsApp oop
- gaan na settings
- maak die QR kode langs jou naam oop
- scan ons QR kode
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Marieta Viljoen - heupvervanging
Bia Kleynhans – ICU, seldsame bloedsiekte
Salome Visagie – operasie vir breingewas
Andre le Grange – ernstig siek
Robin Furniss – herstel na operasie
Fanie Roux – kanker
Marni Rischmuller se ma Maritha – kanker
Issie Ponelis – kanker
Elmine Stickling – kanker
Jan Brits – herstel na operasie
Francois Roux – sterk tuis aan
Cecilia Lötter – sterk tuis aan
Emmie van Tonder – kanker
Susan Crafford – verswak
Ons is dankbaar:
- dat U ons gemoed vernuwe
- dat U met liefde na ons kyk
- dat U my kop oplig
Rou:
André le Grange is oorlede, ons dink aan sy vrou Isolde en familie.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of onderlingesorg@nghelder.co.za
want elkeen wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dít is die oorwinning wat die wêreld oorwin – ons geloof. 1 Joh 5:4
Liewe Lidmaat
Die POPI inligtingswet is vanaf 1 Julie 2021 inwerking en ons bevestig hiermee dat lidmate se persoonlike inligting veilig hanteer en bewaar word. Lidmate kan dmv ons webblad aansoek doen (kliek hier) om toegang tot hulle inligting te verkry. Vir verder navrae kontak gerus ons Inligtingsbeampte, Grazie Beets, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus