'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ek lees met ’n pyn in my hart die afgelope paar weke vir die soveelste keer of Facebook van nog ’n baba-lykie wat iewers in ’n veld of op ’n ashoop gevind is. Hoe hard is ons wêreld net nie! En hoe sag al die babagoedjies wat jy in winkels kan koop wat daardie lewelose lyfies nooit onder hulle kon voel nie. Hoe desperaat moet ’n mamma nie wees nie.

Dan lees ek ook die briefie wat ’n mamma saam met haar drie maande oue dogtertjie, wat genadiglik lewendig gevind is, gelos het: “Hi you might be wondering why I dumped my baby, don’t wonder just help her if you can or call authorities but don’t judge me. I have spoken twice with social workers they delaying to assist, I know this looks bad but I had no option the system is fragile and we can’t even abort safely anymore hospitals have strict rules.” Die mamma het haarself later aan die polisie oorgegee en is krimineel aangekla. Baie mense het baie dinge op sosiale media te sê gehad, teen en ter ondersteuning van hierdie mamma. Uit haar briefie blyk dit dat waar sy ’n sagte oor nodig gehad het om haar hulpkreet te hoor, sy ’n harde stilswye as antwoord gekry het van dié wat kon help.

Met geen “safe haven law” in Suid-Afrika, sodat ’n mamma haar baba anoniem op ’n veilige plek kan los sonder om krimineel aangeklag te word indien sy geïdentifiseer word nie, raak die uitdaging van verlate babas net groter. Selfs die “Baby savers” of babakluise, waarin babas veilig geplaas kan word en onmiddellik gevind en gehelp kan word, is onwettig in Suid-Afrika. Genadiglik draai die wetstoepassers ’n blinde oog, want hulle besef dat hierdie babakluise letterlik lewens red. Die Helderberg Baby Saver in die muur by Choices Crisis Pregnancy Centre het oor die afgelope agt jaar sedert die ontstaan daarvan, tien babas ontvang.>>

Daar is egter ook talle mammas wat hulleself in krisis-swangerskap bevind, wat wel die nodige ondersteuning van maatskaplike werkers kry en hulle babas wetlik afteken vir aanneming. Of ’n baba nou wetlik afgeteken is vir aanneming of iewers in ’n veld of in ’n swartsak gevind is, daardie baba het ’n sagte en veilige plek nodig waar hy of sy versorg kan word tot hulle wetlik aanneembaar is of weer met die biologiese familie herenig kan word.

Tydelike Veilige Sorg-ouers of kanga-ouers soos hulle ook bekend staan, maak plek in hulle huise en harte om hierdie kwesbare, kosbare babas in te neem en lief te hê.

Die kanga&roo-projek het ses jaar gelede ontstaan om Tydelike Veilige Sorg-ouers finansieel by te staan met die voorsiening van formule melk, weggooidoeke en baba-afvee doekies. Die projek ondersteun maandeliks 18 Tydelike Veilige Sorg-gesinne met R1 000 per baba om die basiese kostes gedeeltelik te dek. Ongeveer 80 babas vind jaarliks baat by die projek. Ons wil graag lidmate uitnooi om betrokke te raak deur ’n bydrae te maak. Dit kan eenmalig of maandeliks wees. ’n Omgeegroep kan selfs besluit om saam een baba se maandelikse kostes van R1 000 te dek. Bydraes kan inbetaal word by Helderberg Uitreik met verwysing: Kanga&roo.

Ons wil graag ook weer ’n bydrae van baba-afveedoekies vra – enige maak is geskik, maar die sensitiewe soort. Baba-afveedoekies kan by die kerkkantoor ingehandig word.

Baie dankie aan elkeen wat die kanga&projek ondersteun en so ’n bydra lewer om die wêreld ’n sagter plek te maak.

Tania Schultz
Tydelike Veilige Sorg-mamma en kanga&roo koördineerder
084 717 0660 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Projekleier: Karin Alheit by 082 909 0204 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri