'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die Harmony-span streef daarna om individue en hul kinders wat geraak word deur die dood van ‘n geliefde, egskeiding en enkelouerskap te ondersteun en te mobiliseer om draers van Christus se hoop te wees.

Die programme Grief Share en Divorce Care begin 16 Februarie en word in September herhaal. Dit bestaan uit 13 sessies wat jou help en toerus vir die moeilike pad van rou en egskeiding. Donderdae-aande van 18:00 tot 20:00 kom die groepe in onderskeie lokale bymekaar en kyk na ‘n video wat aangebied word deur professionele persone en mense wat self die pad van genesing al gestap het. Na die video fasiliteer ons vrywilligers, wat verstaan en weet wat hierdie pyn beteken, die vrywillige groepbesprekings. Dit is hier waar mense besef dat wat hulle deurgaan normaal is en dat ander ook in dieselfde bootjie is.

Enige persone, ook nie-lidmate, is welkom om die programme by te woon. Jy hoef nie dié pynlike pad alleen te stap nie.

Ons deel graag 2 getuienisse:>>

I found on arrival, the warmth, a friendly atmosphere rooted in a genuine concern for my well-being, which I have so neglected during my 32 years of marriage. I can testify, as I do to many, every week the topics are relevant. Divorce Care covers, professionally, yet grounded in The Holy Word, the road required to recovery.
I feel I have emerged to find the woman I never knew. I'm able to set boundaries with no compromise to myself. I don't think I could have put myself together, without the loving kindness of our facilitator and the selfless team, of Harmony.

• Onverwags het ons geen inkomste gehad en het "noodsaaklike dinge" soos kos en petrol 'n luukse vir ons gesin geword. Die Harmonie projek het gevra: "Hoe kan ons help?". Ons is voorsien van kos, petrol en bemoediging in 'n baie moeilike seisoen. Ja – gebed is kragtig, maar ons het tasbaar, elke dag, die voorsiening van God ervaar. Ons kon eet en petrol ingooi. Dit het die las van werk soek soveel ligter gemaak. "Wees doeners van die woord – en nie net hoorders nie". God se opdrag om sy hande en voete vir die wêreld te wees het vir ons gesin 'n ander betekenis gekry in hierdie vuurproef tyd.... Die Harmony projek het ons geleer dat DOEN die hand van Jesus se liefde kan wees wanneer dit lyk of daar geen uitkoms of hoop is nie... Baie baie dankie vir julle oop hande. Dit DOEN so baie!

Vir meer inligting kontak die projekleier

Annette Botha by 072 189 9360 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri