'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Om deel te wees van Seniorsorg is ‘n unieke geleentheid om dankie te sê aan die senior inwoners/lidmate van die gemeente vir jare se toewyding, voorbeeld en voorbidding in die gemeente. Seniorsorg is betrokke by Huis Marie Louw, Zandvliet en Strandsorg se Huis Esperanza by wyse van maandelikse finansiële ondersteuning. Daarmee saam bring Seniorsorg gereeld besoeke aan die tehuise om saam met die inwoners te kuier en heerlike bederfies te geniet terwyl ‘n gaskunstenaar ons met sang en musiek vermaak.

Die tehuise het unieke behoeftes. In 2022 is Huis Marie Louw ondersteun om die fasiliteit te verbeter. Vanjaar beplan Seniorsorg om Esperanza by te staan om ‘n aktiwiteitsentrum op die been te bring. Die aktiwiteitsentrum word benut om die Alzheimer-inwoners te stimuleer ten einde die verloop van Alzheimer positief te bestuur. Items soos eenvoudige legkaarte, inkleurboeke en boublokkies word benodig. Ons wil ook die ruimte help toerus vir ‘n veilige omgewing vir die inwoners.

By Huis Zandvliet is daar ‘n groot behoefte aan mansklere. Hierdie items kan by die Dienssentrum afgelewer word, gemerk vir Seniorsorg.

Saam met ‘n leraar deel ons in die vreugdes van lidmate wat die mylpaal van 90 jaar bereik. Dankie aan almal wat deelneem aan die "Borg ‘n ouma projek". Die bydraes word aangewend om maandelikse noodsaaklikhede soos doeke, tandepasta, seep, handeroom en haarwasmiddels vir behoeftige inwoners van die tehuise aan te koop.>>

Dankie aan die donateurs van Helderberg en Moeder Gemeentes wat maandelikse bydraes maak. Gedurende winter 2022 het vlytige breiers die mooiste musse geskenk wat met liefde aan seniors gegee kon word om die koue winter leefbaar te maak.

Lidmate word uitgenooi om deel te word van Seniorsorg. Daar is veral behoefte aan persone wat besoeke kan bring aan seniors wat alleen is. Kontak vir Ina van Niekerk by 0825 789 893 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Bydraes kan aan Helderberg Uitreik, gemerk Seniorsorg, gemaak word by die kerkkantoor.

Foto: Anna Albertyn (heel links) se verjaarsdag

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri