Dienste word lewendig uitgesaai op YouTube, gaan na YouTube en teken in by Helderberg Gemeente.
Eredienstye (somer):
08:00 Klassieke diens
08:30 Meditatiewe diens
09:00 Hoop (Sitari) - skoolsaal van Curro Skool
09:30 Informele diens
09:30 Kiddie- en Tekkiekerk
10:00 Helderberg Village - Kilberry saal
18:00 Tieners
19:00 Aanddiens
(Wintertye begin op 2 Junie 2024)
Tipiese aktiwiteite gedurende die week:
Dinsdagoggend – gebedsgroep wat bid vir die kerk en die land van 06:00-06:45, kom bid saam al kan jy dit net een keer per maand doen.
Woensdagoggend – Kreatiewe Kuiergroep kom elke 2'de Woensdag in die Tent bymekaar om 10:00. As jy lus het om iets kreatief te doen kontak vir Magdel by 082 400 0903.
Donderdagoggend – Bybelstudiegroepe. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans).
Vrydagoggend – Manne Bediening kom bymekaar in die Kapel om 06:00, hulle bid saam en gesels saam. Kontak vir Jaco by 083 675 5687 of Leon by 081 019 0710 indien jy meer wil weet.
Dan is daar ook verskeie omgeegroepe en wyksgroepe, asook ‘n groep vir jong werkendes. Gesels met René meer hieroor by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 5582, sy kan vir jou meer vertel oor al die kleingroep.
Louise Theron tree aan die einde van hierdie maand af as Uitreikbestuurder. Sy was 16 jaar werksaam by Helderberg Gemeente as Helderberg Uitreik se bestuurder met projekte reg oor die wêreld. Haar hart is vir elkeen van hierdie projekte en die mense wat hulle bedien.
Ons het ‘n paar vrae vir Louise gevra en deel dit graag met julle.
Louise jy was die Uitreikbestuurder, maar wat het dit vir jou beteken?
Ek het dikwels gevoel soos iemand wat op ‘n pawiljoen sit en na ‘n meesterlike spel kyk. God se kosbare werk deur sy mense.
Wat het die Here jou geleer in jou tyd by Helderberg Gemeente en Helderberg Uitreik?
Ek het feitlik elke dag ‘n wonderwerk beleef. Kleintjies en grotes. Boodskappe en foto’s van mooi getuienisse van die projekte se impak het ek van oraloor ontvang. Dit is byna onmoontlik om die omvang van God se werk deur die projekte van Helderberg Uitreik in woorde te beskryf. Ek voel ontsettend bevoorreg om ‘n getuie daarvan te wees.
Wat het jou gedra in moeilike tye?
Wanneer mens in ‘n span werk wat so naby aan God se hartklop leef, en ook soms op vyandige grondgebied loop, kan mens verwag dat daar ook aanslae en vervolging sal kom. Dit is deel van die terrein waarop ons beweeg. Jesus is ons voorloper en met die Heilige Gees se beskerming, kosbare ondersteuning en gebed van die Uitreikbestuur, projekleiers, uitreikpersoneel, en my gesin, was dit moontlik om ook deur moeilike tye te gaan.>>
My opregte dank aan Helderberg Gemeente en die kantoorpersoneel vir die lieflike werksomgewing die afgelope 16 jaar en 10 maande. Dankie ook aan die Uitreikbestuur en al die uitreikers, vriende, donateurs en vennote oor die wêreld heen – dit was ‘n onvergeetlike reis saam met julle.
Why should anyone hear the gospel twice before everyone has heard it once? – Dr Oswald Smith
Louise, ons gaan jou baie mis, maar weet ook jou pad vorentoe is saam met die Here en dit gaan ‘n avontuur wees.
Melanie Smit is die nuwe Uitreikbestuurder en begin op 1 Maart met haar pligte, kliek hier vir ‘n vorige artikel oor haar. Onthou ook 5 Maart is dit die Uitreikfees waar al die projekte ook teenwoordig sal wees.
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
-boodskappe: 074 271 1589
Facebookgroep
Word gerus deel van ons Facebookgroep met die naam: Helderberg Gemeente gesels lekker
Word deel van ons WhatsApp-groep
Wil jy die skakels na die preke en ander inligting kry op WhatsApp, kliek op die skakel hieronder met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0
Of gebruik die QR kode:
- maak WhatsApp oop
- gaan na settings
- maak die QR kode langs jou naam oop
- scan ons QR kode
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Marieta Viljoen - heupvervanging
Bia Kleynhans – ICU, seldsame bloedsiekte
Salome Visagie – operasie vir breingewas
Andre le Grange – ernstig siek
Robin Furniss – herstel na operasie
Fanie Roux – kanker
Marni Rischmuller se ma Maritha – kanker
Issie Ponelis – kanker
Elmine Stickling – kanker
Jan Brits – herstel na operasie
Francois Roux – sterk tuis aan
Cecilia Lötter – sterk tuis aan
Emmie van Tonder – kanker
Susan Crafford – verswak
Ons is dankbaar:
- dat U ons gemoed vernuwe
- dat U met liefde na ons kyk
- dat U my kop oplig
Rou:
André le Grange is oorlede, ons dink aan sy vrou Isolde en familie.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of onderlingesorg@nghelder.co.za
want elkeen wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dít is die oorwinning wat die wêreld oorwin – ons geloof. 1 Joh 5:4
Liewe Lidmaat
Die POPI inligtingswet is vanaf 1 Julie 2021 inwerking en ons bevestig hiermee dat lidmate se persoonlike inligting veilig hanteer en bewaar word. Lidmate kan dmv ons webblad aansoek doen (kliek hier) om toegang tot hulle inligting te verkry. Vir verder navrae kontak gerus ons Inligtingsbeampte, Grazie Beets, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus