'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Karen de Beer was maatskaplike werker by die Versorgingsfonds (deel van Onderlinge Sorg), asook by Helderberg Beradingsentrum. Sy is vanaf 1 Maart net betrokke by die Beradingsentrum. Hieronder is 'n brief van dankbaarheid vanaf die Versorgingsfonds:

Hierdie dankbrief word namens die Projek Versorgingsfonds (VF) se bestuur geskryf en is bedoel om Karen de Beer, wat as maatskaplike werker in diens van die VF Komitee betrokke was by die werk van die Projek VF, erkenning te gee vir haar bydraes in die vorige 12 maande.

As gekwalifiseerde en geregistreerde maatskaplike werker het Karen op ‘n deeltydse basis bygedra tot struktuur en rigting van die werksaamhede van die VF Komitee. Sy was instrumenteel in die daarstel van ‘n sterker struktuur om te funksioneer. Die VF Komitee se doel is om hulp te verleen aan gesinne van die Helderberg Gemeente in nood. Die hulp is gerig om finansiële en maatskaplike nood aan te spreek en te verlig. Karen was baie goed toegerus om hierdie twee bene van die VF Komitee te bedien.>>

Karen het sterk leiding gegee in die opdatering en optekening van werk deur die Komitee. Daar was goed beplande vergaderings gehou en die notules het deeglik verslag gedoen. Talle dokumente is opgestel wat gehelp het om die werksaamhede van die Komitee vas te lê en te bestendig. So het sy gehelp om die nodige struktuur en rigting aan werksaamhede te gee.

Karen het met haar warm persoonlikheid ook gesorg vir die emosionele versorging van gesinne. Sy het die besondere vermoë om in die wye spektrum van betrokke aspekte die unieke aspek te identifiseer wat regtig saak maak. Sy het as ‘n sterk individu gefunksioneer, maar het ook in spanverband uitgeblink in haar spontaniteit en lojaliteit.

Sy was ook ten volle betrokke by die integrasie van inligting oor bepaalde aspekte van nood by gesinne. So kon ‘n stel ingeligte besluite oor gesinne se situasies geneem word. Dit het ook gegeld vir die bestuur van hierdie besluite. Sy was ‘n sterk voorstander van dissipline by die toedeling van hulp en fondse aan gesinne. Volledige inligting en die integrasie daarvan, was vir haar belangrik.

Haar besondere diens aan die gesinne is ook sterk gerig deur die finansiële leierskap van Hennie Smit (Voorsitter van die VF) en Louisa Lourens (finansiële voog). Hulle het oor ‘n lang tyd hierdie moeilike en sensitiewe taak met onderskeiding verrig. Karen het uitgestaan in haar toegewyde en rasionele manier van dinge doen.

Dit was ‘n voorreg om Karen de Beer betrokke te kon hê by die versorgingswerk van ons gemeente. Ons sal haar mis, en wens haar baie sterkte toe in haar werk as voltydse berader. Gelukkig is ‘n groot deel daarvan nog in ons gemeente.

Opgestel deur Dirk Wessels (Kommunikasielid van die VF Komitee by 082 859 5214)
Namens die Versorgingsfonds Komitee

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri