'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Helpende hande
Daar is altyd plek in ons, Werner en Tania, se harte om nog ’n babatjie wat wag op aanneming lief te hê. Maar sonder helpende hande om doeke te ruil, melk te gee, winde uit te vryf, stories te lees en bloot net vas te hou, sou al die liefde in ons harte nie genoeg wees om op ons eie drie babatjies gelyktydig te versorg nie.

Daarom is ons by Helderberg Babas so dankbaar vir dames wat een maal per week vir drie ure lank hulle tyd en liefde vrywillig kom gee om ons kosbare babatjies te help versorg. Dit maak weer ons hande los vir nodige administrasie, winkel toe gaan of om ’n baba kliniek toe te neem terwyl ons weet die ander is tuis in veilige hande. Ons kan ook na ’n bedrywige nag of naweek, waartydens ons nie ekstra hulp het nie, net rustig saam ’n koppie koffie gaan drink, sonder om drie babatjies in die motor te laai en saam te neem.

Hierdie dames se toewyding gaan nie ongesiens verby nie. En soos wat hulle gee, so ontvang hulle ook weer, soos hulle self daarvan getuig:>>

Die grootste geskenk is om ‘n bietjie liefde te kan gee. Liefde is tyd. Om bietjie tyd te spandeer om kanga-babatjies te versorg, en vas te hou en vir hulle te bid en by die Here se voete te sit, is ‘n baie besonderse ervaring. Tania en Werner skep ‘n liefdevolle huis vir hierdie kindertjies terwyl hulle wag om hulle nuwe ouers te ontmoet. Hulle kanga-huis is een van onbaatsugtige omgee, liefhê en van versorging. Dis ‘n mooi begin van die kindjie se pad vorentoe, ‘n sterretjie in ‘n kanga-babatjie se groot melkweg. Die mooi van die deel wees daarvan, is om te weet dat hierdie bietjie tyd met die babatjies genoeg is. Mens hoef nie berge te versit om ‘n verskil te maak nie, daarin lê die Vrede.
- Lizél Senekal

Ek wou betrokke raak by Helderberg Babas, want ek het geglo ek het liefde om te gee vir kindertjies wat “alleen” die wêreld inkom. En natuurlik omdat die broeisheid nie sommer jou lyf verlaat nie. Min het ek geweet dat die ou lyfies my redding sou word en nie andersom nie. Die onvoorwaardelike liefde wat hulle uitstraal, die glimlaggies wanneer hulle jou herken...vir daardie 3 ure vergeet ek van alles in my wêreld en word ingetrek in hulle onskuldige bestaan en onvoorwaardelike #lekkerruikbabaliefde! Elke oomblik saam met hulle en Tania en Werner is ’n groot blessing in my lewe.
- Ronelle Voster

Helderberg Babas is soos ’n weeklikse koffie-date met myself. Daar is nooit regtig tyd daarvoor nie, maar die afskakel verrig wonders en ek stap met ’n glimlag op my gesig daar weg. Liefde wat gedeel word, raak nie minder nie en al wat ons hier deel is ’n bietjie tyd en baie liefde. Wat ’n voorreg om tasbaar te voel hoe om Jesus se hande en voete te wees vir ’n klein bondeltjie liefde wat Hy aanmekaar geweef het. Aan die begin was dit erg wanneer jy besef dat hierdie oomblik se vashou, die laaste een gaan wees, maar nou raak ek al saam opgewonde oor ’n nuwe gesin wat die voorreg het om saam te bou in hierdie kleinding se lewensverhaal. Baie dankie aan Werner en Tania wat hulle huis vir die babas oop stel en ons as vrywilligers kans gee om ook bietjie van die Hemel op Aarde te beleef.
- Marika Moller

Ek is bevoorreg om betrokke te wees by Helderberg Babas. Vir die tydjie vanaf geboorte tot aanneming gee ons so baie liefde en drukkies vir die babas. Hulle voel beslis geliefd en kry net die beste versorging. Dit doen my liggaam, hart en siel goed om betrokke te wees by die babas.
- Jenny Snyman

Hederberg Babas is vir my ’n groot seën. Om vir die kleintjies die liefde en sorg te help gee in die eerste paar maande van hulle lewens is so belangrik vir hulle, maar verryk ook my lewe as ’n Christen, ma en ouma.
- Hettie Gerber

Elke sekonde saam met die babas is vir my van onskatbare belang. Ek het besef ek het nog baie om te gee en dis so lekker om te weet ek is nog “needed”. Die kindertjies kom sit in elke stukkie van jou hart.
- Riana Swanepoel

I live down the road from Tania and Werner and over the years I have seen the precious little ones come into their care but I never thought of asking if they needed help. In June last year talking to Tania and seeing little René and the other babies they had in their care without giving it any prior thought I offered my help, if needed. Two days later was my first morning with the babies and what a life changing time it has been. Helping with the bottles, nappies, feeding, bathing and just cuddle time with each precious baby has been a wonderful experience. I leave after each visit feeling peaceful and enriched having spent time giving so little and receiving so much in return. It is a privilege to be part of this family of babies and to see how Tania and Werner have opened their hearts and home to give the little ones a loving and safe start to life. An added bonus is to realise that goodness and caring still exists in this crazy world we live in.
- Barbara Louw

Ons sê vir die Here dankie vir elke vrywilliger en ons vra asseblief ook vir gebed vir hulle, wat soms ten spyte van hulle eie persoonlike uitdagings, tyd maak om liefde te gee aan hulle wat dit die nodigste het, ons kosbare babas.

Ons vrywilligers spandeer baie ure by Helderberg Babas en wanneer daar ‘n rustige oomblik is geniet ons graag ’n koppie tee of koffie met ’n stukkie beskuit. Is daar dalk iemand wat vir ons beskuit wil bak of koop? Ons sal dit regtig baie waardeer. Skenkings kan by die kerkkantoor afgegee word.

Projekleier: Karin Alheit by 082 909 0204 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Helderberg Babas bestuurder en Tydelik Veilige Sorg-ouer: Tania Schultz by 084 717 0660 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri