'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ek onthou daardie dag soos gister...laat ek jou vertel...
My kleinseun kom aangehardloop met die woorde, “Kom kyk, Kom Kyk. Dis Jesus. Oupa moet dadelik kom.” Sy woorde is nog nie koud nie of dit voel vir my of my hele lyf yskoud word. Dit was ’n baie slegte dag. Ons familie is huisvriende met Maria en Josef. Jesus het voor ons oë grootgeword. Hy het hoeveel keer hier by ons kom kuier en gespeel. Hy was ’n kind in ons huis. Ek onthou hoe hy hier in die gange van die tempel saam met ons kinders gespeel het. Hy was slim. Jy kon hom nie veel oor God vertel nie. Dis asof hy self God goed geken het. Selfs as ’n tiener kon jy maar na Jesus luister.

Hy was ’n goeie seun. Hy is lief vir die Here. Maar daardie dag wat my kleinkind ons geroep het, het dit gevoel asof my wêreld tot ’n stilstand kom. Ons het so vinnig gemaak as wat ons kon om bo by Golgota uit te kom. Mense het mekaar van die pad afgehardloop om te sien hoe hulle hom kruisig.>>

Ek het probeer voorkom sodat hy net ’n bekende gesig kon sien, maar die mense het bly stoot en stamp. My eie trane kon ek nie langer terughou nie, want toe ek hom uiteindelik sien toe besef ek dit is verby. Hierdie kind gaan nie van hierdie kruis afkom nie. My eie trane kon ek nie langer keer nie. Ek kon in sy gesig die pyn sien. Hy het vir die soldaat wat onder hom gestaan het iets probeer sê. Ek wens so ek het geweet wat hy vir die moordenaar wat langs hom gehang het gesê het. Hy het iets vir hom gesê, maar ons kon nie hoor nie.

Hierdie komende Sondag is die hoogtepunt van ons geloof. Maak seker om by ons of enige ander gemeente naby jou in te skakel. Jesus se heel laaste asemteug aan die kruis het aardverskuiwende implikasies vir jou verlede, hede en toekoms.

Kom luister, sing en aanbid saam. Ons lees Johannes 20:1-31.

Groete, Deon Els

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri