'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Uyavula beteken ‘maak oop’

By Uyavula is ons baie dankbaar en bevoorreg om op ‘n maklike, eenvoudige en genotvolle manier hoop te bring. Ons doen dit deur vir kinders deur middel van stories, boeke en geletterdheid met Jesus se liefde te bedien.

Ons sien die slegte werklikhede rondom ons en die nood soos byvoorbeeld dat 81% van graad 4-leerders nie met begrip kan lees nie; ‘n kind wat nie kan lees nie, kan nie leer nie en het nie veel van ‘n toekoms nie. Boonop het die meeste kinders ook nie die “taal” om hul seer, frustrasies en innerlike behoeftes te verwoord nie en dit benadeel hul skoolvordering. Daarbenewens erken baie opvoeders hulle is totaal uitgeput, oorweldig en moedeloos gesukkel. Juis daarom is Uyavula dankbaar vir die geleentheid en middele waarmee die Here ons seën om op ‘n maklike én boonop baie “lekker” wyse ‘n verskil te kan maak en hoop te bring.

Dit doen die Uyavula-lesers eenmaal per week wanneer hulle kinderharte aanraak met ‘n boek, storie én hul opregte omgee. Wat ‘n voorreg om te kan ervaar hoe kosbare verhoudings gebou word, kinders die wonderwêreld van stories geniet en om te beleef hoe opvoeders die ondersteuning waardeer (asook ‘n bietjie “lafenis” kry). En die voorlesers stap boonop weg met nuwe blinkoog energie…

Die voorlees maak ook ‘n positiewe verskil in die lewens van hierdie kinders wat smag na liefde en aandag. Boonop is dit vervullend om te beleef hoe die kinders hulle in die heerlike wonderwêreld van stories verlustig. Opvoeders vertel van talle kinders wat sogenaamd ontwrigtend optree, wat ongedissiplineerd is of wat emosioneel swaarkry, wat ten goede begin verander. (Luister gerus tydens ons getuienisbeurt in die diens na die pad wat Estelle met ‘n seun stap.)

Volgens die opvoeders is die Uyavula-leesdag verreweg die kinders se gunsteling dag van die week. Opvoeders (waarvan een erken dat sy “moeg geraas en geskel” is) sê onder andere:
die kinders kan nie wag vir hul leesdag nie… Hulle leer nuwe woorde…dinge waarby ons nie uitkom nie… Die stories leer hulle baie…Maatjies wat gewoonlik nie stil sit nie, luister na hul tannie…Sy probeer om elke maatjie te onthou, wat baie mooi (van haar) is, al is dit net ‘n klein ietsie van hulle [die maatjies]…ek weet sy bid vir die maatjies en vir my…Ek leer selfs by haar hoe om my stories meer interessant te maak…Baie dankie…Ons sê almal ‘JA’ vir [meer] lesers…Ons kan nie daarsonder nie…

Dis heerlik om te weet dat iets so genotvol en vervullend ook akademiese waarde toevoeg. Onlangse navorsing beklemtoon weereens die belangrikheid van voorlees as die noodsaaklike begin van geletterdheid, omdat dit bv taalvaardighede, woordeskat, kreatiwiteit, verbeelding, kritiese denke en kommunikasievaardighede bevorder. Voorlees maak nuwe wêrelde, ervarings en moontlikhede oop en kweek by vele boek-arm kinders ‘n liefde vir lees. Sommige kinders “verslind” boeke en hulle vertel dat stories vir hulle hoop bring, want dit wys dat hulle ook vooruitgang sal kan maak en ‘n beter lewe vir hulself (en hulle nageslag – dus ‘n rimpel-effek) sal kan bewerkstellig.

By Uyavula is ons dankbaar teenoor die Here vir baie seëninge, naamlik toegewyde voorleser (vrywilligers), asook vir elkeen wat op een of ander wyse ‘n bydrae lewer deur hul donasies, boekskenkings en gebede. Dankie Uitreikbestuur en die lidmate van die Helderberg en die Omgee-gemeentes vir jul ondersteuning.

Vir Uyavula begin verandering by ’n omgee-hart, stories en boeke. Help ons asseblief om ‘n verskil te maak deur:
o Jou tyd te gee om vir een graad 1 tot 3 klas voor te lees
o Vir net een kind voor te lees en liefde te gee
o Donasies vir nuwe kinderboeke
o Skenkings van netjiese gebruikte boeke vir kinders 5 tot 14 jaar.

Kontak vir Amanda de Villiers by 082 326 1396 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kuier vir ons:
Facebook-blad: The Uyavula Reading and Writing Project
Instagram: uyavula

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri