'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hy hou die hele wêreld in sy hand

Wie van ons ken nie die tradisionele liedjie, Hy hou die hele wêreld in sy hand, nie? So weet ons dat God die grootste dinosourus, die kleinste fynste babatjie en ook vir oupa en ouma in sy hand hou. KidsXpress het egter sekere verse van die geliefde liedjie ’n tyd gelede ’n bietjie verander sodat dit die temalied van een van ons reeks, Die Kerk Werk Wêreldwyd, kan wees. Die nuwe weergawe klink so:

Hy hou die hele wêreld in sy hand x3
Hy hou ons almal in sy hand

Hy hou vir jou en my ook in sy hand x3
Hy hou ons almal in sy hand

Sy liefde is meer as die see se sand x 3
En hoër as die berg se rant>>

Sy liefde steek ons harte aan die brand x3
Sy Gees leef in ons binnekant

Hy stuur ons met die goeie nuus deur die land x3
En onthou, Hy hou ons hand

Hy hou die hele wêreld in sy hand x3
Hy hou ons almal in sy hand

Pinkstertyd is vir ons by KidsXpress altyd ’n besonderse tyd van die jaar. KidsXpress het reeds 14 temas gepubliseer wat as reekse tydens Kinderpinkster aangebied kan word. Elke reeks bestaan uit ses volledig uitgewerkte lesse, PowerPoint aanbiedinge, visuele hulpmiddels en liedjies. Dit is ons doel om jeugpredikant en jeugwerkers te bemagtig met opwindende, Skrifgetroue, evangeliese inhoud waarmee hulle die kinders kan bedien.

Net hier in die Helderberg Kom alleen is drie van die temas tydens Pinkster 2023 aangebied. Helderberg Gemeente se kleuters en kinders is tydens die reeks Die Kerk Werk Wêreldwyd op ’n wêrelwye virtuele toer geneem na lande soos Israel, Etiopië, Masedonië en Italië waar hulle in die voetspore van die eerste gelowiges gestap het. Somerset-Wes Gemeente se kinders het Jesus tydens die bywoon van die reeks, Redding 911, as Redder leer ken wat mag het oor siekte, die natuur, sonde en die dood. Lourensrivier Gemeente het die reeks, Ons Koning Kom, aangebied. Daar het die kinders gehoor hoe profete lank gelede reeds die geboorte van Koning Jesus, sy kruising en opstanding voorspel het.

’n Bietjie verder weg het die NG Gemeente Piketberg met die aanbied van die reeks, Op ’n Skattejag, ’n stryd gevoer teen Seerower Sonde, Admiraal Ongeloof en Kaptein Kannie. Kinders het ontdek hoe kosbaar hulle vir God is en hoeveel skatte God in die skatkis van sy Woord vir ons bêre.

Maar KidsXpress se materiaal word nie net tydens Pinkster gebruik nie. Een van Helderberg Uitreik se projekte, Truth2Kids, wat uitrek na kinders in verskeie gemeenskappe, skole en plase in die Helderberg Kom, het tydens hulle onlangse, jaarlikse kamp die reeks, Jy is Myne, aangebied. Tydens die kamp het kinders ontdek hoe hulle deel kan word van God se huisgesin.

Dit is elke jaar vir ons kosbaar om te sien hoe opgewonde aanbieders en kinders is om God te ontdek deur temas wat ons jare gelede reeds geskryf het en wat vandag steeds relevant is. Dit is net weer vir ons ’n bevestiging dat God se Woord lewend en kragtig is en gister, vandag en tot ewigheid vasstaan.

KidsXpress is baie dankbaar om te getuig dat Hy ons as projek ook sedert ons ontstaan in 2004 in sy hand hou. Ja, sy liefde steek ons harte aan die brand en deur die KidsXpress se publikasies stuur ons sy Goeie Nuus deur die land.

Projekleier
Berthold Alheit 082 806 6121 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Projekkoördineerder/Personeellid
Werner Schultz 084 645 1173 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri