'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Melanie Smit word Sondag tydens die Klassieke Diens as tentmakerleraar in Helderberg Gemeente bevestig. Melanie was vroeër ‘n kapelaan in die SA Nasionale Weermag (sedert 2004), maar is reeds van die begin van die jaar deel van die Helderberg Gemeente as ons Uitreikbestuurder. As tentmakerleraar sal sy die bevoegdheid hê om as predikant op te tree, maar haar primêre rol bly die van Uitreikbestuurder.

Die begrip tentmakerleraar kom van Paulus, wat verantwoordelikheid vir sy eie inkomste kon neem, deur tente te maak. Melanie se inkomste kom via haar aanstelling as Uitreikbestuurder.

Haar verantwoordelikheid as tentmakerleraar is die bevordering van uitreik en getuienis in Helderberg Gemeente. Sy sal haar veral besig hou met die motivering en begeleiding van die lidmate van Helderberg Gemeente in ons uitreik na mense en ‘n wêreld in geestelike en fisiese nood.

Welkom dominee Melanie!

Danie Möller

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri