'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons almal het ‘n diep behoefte om God se stem in ons lewens te hoor. Oor al die jare wat ek predikant is, is dit seker een van die vrae wat die meeste vir my gevra is: Hoe hoor ek God se stem? Ek het ook al verskeie kere vir groepe mense gevra dat hulle moet deel oor hoe hulle God se stem hoor en dan is daar so ‘n ongemaklike stilte gevolg deur ‘n paar generiese antwoorde. As jy vir jouself moet antwoord, hoe sou jy sê hoor jy die stem van God.

Dit is tog die sentrum van ons geloof as ons sê dat ons geloof nie ‘n godsdiens is nie, maar ten diepste ‘n verhouding met God dat ons nie net Sy stem moet erken nie, maar ook gereeld moet hoor. Hierdie Sondag gaan ons stil word voor God en luister na Sy stem in ons lewens. God wil met jou praat, Hy wil hê dat jy Sy stem moet hoor – kom soek saam met ons na ‘n nuwe verstaan van luister. (Genesis 5:21-24)

Paul Barnard

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri