'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

In die tyd van Jesus was daar van sy volgelinge wat nie heeltemal verstaan het hoekom Hy aan die kruis moes sterf nie. Die vraag is: Verstaan ons werklik die omvang en betekenis van Jesus se kruisdood? Hoekom moes Hy ly en op so ’n wrede manier sterf?

Die Bybel beklemtoon dat Jesus se kruisdood van die begin af deel van God se plan was. Jesus het aarde toe gekom om vir ons te kom sterf (Fil 2:8). Met sy kruisdood het Hy verlossing en versoening vir almal bewerk (2 Kor 5:15). Jesus se kruis het ook betekenis vir elkeen van ons wat ons eie kruis op aarde moet dra (Luk 9:23). Sy kruisdood het nie die pyn en lyding van ons op aarde kom wegneem nie. Nee, met sy lyding aan die kruis kom bevestig Jesus dat Hy verstaan wat ons op aarde beleef en dat Hy in ons lyding teenwoordig is. Niks kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat Hy deur Jesus se kruisdood kom bevestig het (Rom 8:39).

Ons nooi jou Sondag om saam met mede-kruisdraers die nagmaal te beleef. Die nagmaal help ons om iets meer van die diepte van Jesus se kruisdood te verstaan sodat ons ons eie kruis kan dra.

Danie O'Kennedy

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri