'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

“So that they can read the Bible”

Opvoeding gaan ten diepste oor wysheid. Wysheid is ‘n lewensvaardigheid wat nodig is vir die werklike lewe, ‘n lewe in ooreenstemming met God se wil, en waarin respek vir die medemens ‘n sentrale plek inneem. Dit is dan ook die fokus van Mosambiek Geletterdheid.

Helderberg Uitreik is saam met die IRM (Igreja Reformada em Moçambique) al vir jare betrokke in Mosambiek om juis dit te doen: Kinders en volwassenes wat in verafgeleë plekke woon op te voed. Hulle doen dit met die Bybel as handboek. Terwyl hulle leer lees en skryf, sien hulle ook vir Jesus.

Hierdie projek het oor die jare pragtig gegroei: Daar is tans 8 bosskole vir kinders waarby 1 420 leerlinge betrokke is met 12 onderwysers; 5 bosskole vir volwassenes waarby 147 volwassenes baat vind met 5 fasiliteerders.>>

Wat bemoedigend is, is die feit dat, alhoewel Helderberg Uitreik met die program begin het, dit nou ‘n volwaardige bediening van die IRM is. Die plaaslike kerk is gemobiliseer en het eienaarskap daarvoor geneem. Ons is vennote saam met hulle in hierdie bediening.

Op die oomblik is finansies ‘n groot uitdaging. Hulle bedryfskoste vir die jaar is R371 000. Op die oomblik is daar slegs R1 000 in die projekspan se rekening. Hulle het ook vroeër vanjaar groot skade gehad met die sikloon wat verwoesting gesaai het en baie van hulle oeste het in die slag gebly (dit het ‘n impak op voedselsekuriteit).
Bid asseblief vir hierdie projek en jou finansiële bydrae sal verseker ‘n groot verskil maak.

Kan daar ooit ’n beter belegging wees as om te belê in opvoeding. Die opbrengs daarvan is onberekenbaar.

Hannes Theron by 083 375 8443 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri