'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Waaraan dink jy as jy die woord “erfenis” hoor? Iets wat jy ontvang? Of iets wat jy gaan gee?

Dit is Sondag Erfenisdag in Suid-Afrika. Mense koppel die dag graag aan ons kultuur-historiese erfenis – en vir baie is dit braaidag. Geniet dit as jy kan, maar dink vir ‘n oomblik ook oor ons geestelike erfenis.

‘n Erfporsie is iets wat jy gaan ontvang of reeds gekry het, en jy besluit wat jy daarmee maak. ‘n Erfporsie is ook iets wat jy gaan nalaat aan ander.

As lede van Helderberg Gemeente is ons geseënd met die erfenis wat ons voorgangers vir ons gelos het. Ons het deel van die Helderberg familie geword en ‘n gemeente geërf wat leef met ‘n passie vir God en ‘n hart vir mense en ‘n wêreld in nood. Ons het mense en bedieninge en fasiliteite; en meeste van ons het dit net so gekry. Wat maak ons hiermee en hoe gaan ons dit laat groei? Of is ons net hier om hierdie erfenis op te gebruik? Het ons ook God se roeping vir die gemeente geërf?

1 Petrus 1 vertel dat die volgelinge van Jesus ‘n nuwe lewe gekry het. Maar nog meer. Ook ‘n lewende hoop op ‘n onverganklike erfenis in die hemel. Die unieke van hierdie erfporsie is dat ons genooi word om dit te deel. Om ons kinders en kleinkinders en vriende en kollegas en bure – almal saam te laat erf.

Groete
Danie Möller

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri