'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Seniorsorg het ten doel om emosionele en fisiese ondersteuning te bied aan die inwoners van Huis Marie Louw, Zandvliet en Esperanza, asook senior burgers wat nog privaat bly. Dankie aan die gemeente vir die voortdurende ondersteuning en ons nooi almal uit om betrokke te raak deur deel te word van die projek of maandelikse finansiële bydraes.

Ons huidige projek waar jy betrokke kan raak is deur musse en serpe te skenk vir die wintermaande wat voorlê en dit word dan geskenk aan Zandvliet.

Ons herinner julle ook aan ons Borg ‘n Ouma fonds. R50 per maand kan ‘n verskil maak in die maandelikse ondersteuning aan ons ouetehuise deur doeke en toiletware te befonds. Die vreugde en waardering wat die inwoners het vir benodighede wat ons soms as vanselfsprekend aanvaar is so hartroerend om te sien.
Bydraes hiervoor of ander noodsaaklike behoeftes vir seniors, kan in Helderberg Uitreik se rekening inbetaal word: (Helderberg Uitreik, ABSA, reknr: 9114 483 080, takkode: 632005, verwysing: Seniorsorg).

Indien jy graag saam met Seniorsorg die tehuise wil besoek, is jy welkom om ons te kontak.

Anri Marais by 079 639 1331 - Voorsitter Seniorsorg

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri