'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Het jy al by mense gekom en gedink: “Ek beleef iets spesiaals. Hier wil ek langer bly”. In Sagaria 8:23 lees ons ’n baie besonderse profesie. Mense uit baie volke en nasies wat na Jerusalem gaan en sê: “Ons wil saam met julle gaan, want ons het gehoor God is by julle.” In die Bybel word ons aangemoedig om uit te reik na alle mense. Sagaria 8 getuig dat die geloofsgemeenskap in Jerusalem ander mense na hulle sal aantrek.

Wat moet gebeur dat hierdie profesie waar word? Vers 19 beklemtoon enkele dinge: (1) Dit gaan eerstens oor die Here, Heerser oor alle magte; (2) Ander moet die vreugde en blydskap van die geloofsgemeenskap beleef; (3) Die waarheid en vrede moet uitgeleef word. Mag hierdie woorde van Sagaria 8 waar wees vir elkeen van ons en ons gemeente.

Danie O’Kennedy

Het jy ‘n behoefte om stil te wees in die teenwoordigheid van die Here? Voel jy jou week jaag verby? Bring jou Bybel en kom woon Sondag die meditatiewe diens by. Vind weer rustigheid in die wete, God kyk met liefde na jou.

Dit is die maand Oktober – die mooiste maand. Ja, dit is lente in die Kaap. Saam met die lente kom by baie van ons die behoefte om op te ruim en skoon te maak en reg te ruk. Dit is tyd vir “Spring Cleaning” of lente-opruim. Dit is nie net ons stowwerige laaie en oorvol stoorkamers wat ‘n lente-opruim nodig het nie. Dalk het jy ook ‘n geestelike lente-opruim nodig? Hoe doen ons dit en hoe lyk die vars lentegeloof?

Ons gesels Sondag hieroor en jy is welkom.

Die Skriflesing is uit Psalm 51.

Danie Möller

Elke Sondagaand is die diens in die Kapel en hulle voel al soos ‘n groep ou vriende wat saam die diens bywoon. Kom gerus hierdie Sondag en word deel van hierdie groep.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri