'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die Dienssentrum voed ongeveer 6 000 mense per week. Hulle voorsien kos, klere en huishoudelike ware op ‘n weeklikse basis aan vele projekte vanaf Eersterivier tot teen die berg by Sir Lowry’s Pass en ook aan gesinne in nood. Alle voedsel skenkings word in pakkies opgemaak en dan in die gemeenskap versprei, dit verminder die risiko van samedromming by sopkombuise. Veral projekte wat aan kinders kos voorsien, gaan voort as tradisionele sopkombuise.

Ons het die afgelope jaar in samewerking met die versorgers van Masincedane ‘n paar uitreik inisiatiewe na die seniorburgers van Vergelegen (Somerset-Wes) en die dames van Kay’s karavaanpark (Strand) ondersteun.

Dienssentrumbestuurder, Yolandé Kennedy sê: “Ek is ongelooflik dankbaar vir elke persoon wat iets gee aan die Dienssentrum hetsy tyd, produkte of finansies. In ‘n baie moeilike ekonomiese klimaat, waar pryse bykans daagliks styg, was daar nog altyd genoeg om te gee.

Projekleier: Yolande Kennedy by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 5582

Liefde deur stories en boeke
By Uyavula bly ons in verwondering oor hoe die Here voorsien en mense op verskillende maniere gebruik om Jesus se liefde deur boeke en stories aan laerskoolkinders te bring. Ons sien hoe iets so gewoon soos om maklike toegang tot ‘n verskeidenheid van boeke te hê, kinders se oë laat blink en hulle drome en hoop gee. Ook die liefde en omgee van “storielees-ooms en -tannies” laat kinders spesiaal en die moeite werd voel om liefgehê te word.

‘n Uyavula-vrywilliger vertel: Ek het as ‘n Uyavula-vrywilliger vir C begin stories lees toe hy in 2018 in Gr1 was. Die heel eerste keer wat ek hom by sy klas gaan haal het, was hy 'n klein seuntjie gevul met woede en frustrasie. Op pad van sy klaskamer na die kamer waar ons gelees het, het hy met 'n gebalde vuis in die lug geboks na elke venster van die klaskamer waar sy mede-leerders was. Hy was dikwels in 'n bakleiery betrokke, waarna strafmaatreëls toegepas moes word.

Die rede vir C se magtelose woede was verwerping deur sy biologiese pappa en onbevoegdheid van sy mamma om vir hom te sorg. Hy het dus gevoel dat niemand regtig vir hom omgee nie.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Uyavula Lees- en Skryfprojek

Pieter Gouws is gewoonlik op ‘n Sondag agter die kitaar en is ook onlangs getroud.

Hierdie is ‘n projek wat die rentmeesterspan begin het, om geld in te samel vir die kerk se teerblad wat plek, plek verbrokkel. Die huidige kwotasie vir die oordoen van die teer is R350 000. Indien ons dit volgende jaar eers gaan doen gaan die teerblad so ver verweer het, dat die herstel oor ’n miljoen rand gaan kos. Ons het dus besluit om ‘n kompetisie te hou om fondse in te samel. Die gelukkige wenner gaan ‘n pakket vir 2 na Mauritius wen. Die beste is, die kaartjies kos net R200. Vir R200 kan jy ons help om R750 000 te spaar.

Die Pêrel Projek is ‘n gemeenskapsontwikkelingsprojek
Ons help ouers, jeug en kinders om hulle identiteit in Christus te vind en hul volle potensiaal te ontdek en te ontwikkel. Die doel van die Pêrel Projek is om mense te bemagtig en onafhanklik te maak. Die Pêrel Projek ondersteun (plaas) gemeenskappe in die Helderbergkom.

Deur vroeë kinderjare ontwikkeling, opleiding in evangelisasie, lewens- en handvaardighede wil ons die mense toerus sodat hulle op die langtermyn aan hulle eie lewensbehoeftes kan voorsien. Ons werk saam met skole en ander projekte om die gemeenskappe optimaal te bedien.

Die Pêrel Projek werk waar die mense woon. Ons behoeftes is: naaldwerkmateriaal, wol, craft-materiaal, opvoedkundige Afrikaanse storieboeke vir ons biblioteek en tweedehandse klere.

Kontak vir Maria Kirsten by 082 703 3742 of Amanda Ferreira by 079 516 7616
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri