'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ivor is gebore in Grabouw en is baie bekend met die Kaapse mense. Hy het die Kaap egter verlaat vir Gauteng en hou veral van die vinniger pas van Gauteng. Hy is tans predikant by die NG gemeente Oosterlig in Constantia Park, Pretoria. Hy is ‘n jeugleraar en het nounet sy diensjaarkursus klaar gemaak.

Ivor toer die hele land vol met sy stories wat hy vertel en preek ook. Hy besoek graag skole en praat dan oor identiteit met die jeug.

Nadine is sy vrou van amper sewe jaar en sy is ook betrokke by die jeug. Hulle seun Luther van 6 maande is die grooste vreugde in hul lewe. Dan hou Ivor ook baie van craft bier en daarmee saam lekker vis en chips. Hy eet egter nie seekos in Gauteng nie, net in die Kaap.

Verder hou Ivor van trail running en om gedigte te skryf. Hy sien baie uit daarna om hierdie Pinkster nuwe mense te ontmoet en ook om ou gesigte weer te sien. Ivor is Sondagoggend by die Klassieke en Informele dienste aan die woord en doen ook elke aand die Pinksterdienste.

Soos dit ons tradisie is, gaan daar ook etes te koop wees tydens Pinkster. Bestellings kan voor die tyd geplaas word of op die aand gekoop word.

Gedurende Pinkster kan jy ook donasies afgee by die kerkkantoor of dit sommer saam bring wanneer jy die aand se diens bywoon.

As seerowers 'n gunsteling liedjie sou hê, sou dit heel moontlik wees: “Ek sou kon doen met 'n miljoen.” Seerowers of nie, die meeste van ons sou kon doen met 'n paar ekstra rande in ons sakke. Ons nooi jou uit na ons verlate tropiese eiland waar ons skattejag gaan plaasvind.

Kom ontmoet “Kaptein-ek-kan-nie”, “Private-putt-it-off”, “Meneer Sonde” en “Admiraal Ongeloof” en kom help keer dat hulle nie die skatkis steel nie en wie weet, dalk gaan jy 'n regte seerower of twee ook te siene kry. Beplan solank aan jou seerower uitrusting vir die Donderdagaand.

29 Mei - 2 Junie in Talanja vir alle gr1-6 om 18:45-20:00. Die registrasie sal Sondagaand plaasvind en is R50. Jy sal dan jou Pinksterboekie ontvang vir die week. “Kom ons delf dieper in die skatkis van Sy Woord.”

Lizl Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ivor Swartz gaan hierdie jaar Pinkster met ons deel. Kom beleef dit saam, daar is ook Pinkster vir die kinders en elke aand sal kos verkoop word. Pinkster begin op 29 Mei tot 2 Junie.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri