'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Baie dankie vir jou bydrae wat ons toelaat om God se kerk vir mekaar te wees. Ons aardse ouditeure het hul handtekening gevoeg by ons jaarlikse finansiële verslag van ons rentmeesterskap van die bronne deur jou aan ons toevertrou. Sien gerus die 2021 finansiële state, kliek hier. Ons verwelkom jou vrae en/of kommentaar. Chris Eagar by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Datums vir jou dagboek

Die Kersseisoen en die vakansie tyd is tyd wat ons assosieer met gesin, familie en vriende. Dit is ‘n tyd van ontspan, uitspan en feesvier. Tog kan dit ook een van die hartseerste tye van die jaar wees. Families wat geliefdes verloor het aan die dood en met verlange terugkyk, kry swaar in hierdie tyd. Maar nog erger is families wat mense verloor het a.g.v. stukkende verhoudinge.

Om oor Kerstyd te weet dat jou familie uitmekaar geskeur is, dat woede en hartseer al jou vreugde steel. Elke keer as jy ‘n gelukkige verhouding, gesin of familie sien wil jy sommer net verdwyn. Ons praat baie oor die herstel van verhoudinge, oor vergifnis, oor ‘n pad van opbou. Dit is egter belangriker om te kyk na hoe werk jy aan gesonde verhoudinge, huwelike, gesinne, familie en verhoudinge met vriende.

Mense kom sit by my vir pastoraat en dan praat hulle oor wat die ander persoon verkeerd doen, hoe word hulle behoeftes nie aangespreek nie. Ons kyk Sondag na Psalm 19 wat vir ons Goeie Nuus gee vir ons verhoudinge. Hier is 'n Bybelse oplossing wat ons nie kan mis nie.

Paul Barnard

Ons het verlede week vertel van Lizl Botha wat as diensleraar vir Familie- en Jeugbediening beroep word. Hierdie week vertel ons van Marizanne Pfeil-Wessels wat by Hoopgeloofsgemeenskap die leraar was, maar nou ‘n beroep aanvaar het in De Aar. So skryf Marizanne:

"Die laaste twee jaar by Hoopgeloofsgemeenskap was absolute genade. Die mense en herinneringe van Hoopgeloofsgemeenskap sal nog jare lank in my hart leef. Hier het my gemeentelede beddens in my woonstel ingedra sodat my gaste nie op matrasse hoef te slaap nie, as ons selgroep gehou het, het ons kampstoele opgeslaan vir genoeg sitplek en as die jong werkendes by ons kom eet het, het ons die oggend al die meubels in die gastekamer ingedra sodat daar genoeg spasie vir almal in ons leefarea is.

Saam met hierdie spesiale mense, het ek deel geword van die Helderberg-familie – die personeel. Ek onthou my Zoom-kombuistee wat die personeel vir my gehou het asof dit gister was en al die Maandae-oggende saam bid met die personeel en die lag saam met die predikantespan. Dit alles trek saam met my na ons nuwe huis toe. Ek en my man was bevoorreg om deel van hierdie Hoopgeloof en Helderberg-familie te wees, dit was 2 jaar volgeprop met God se genade en ons sal hierdie herinneringe saam met ons neem en dit in ons nuwe gemeente gaan deel met vreugde en nostalgie.

Vir nou verruil ons die stadslewe vir die eenvoud van die karoo. As alles goed afloop hierdie week, trek ons Januarie De Aar toe waar ek as predikant beroep is. Ons is gelyktydig dankbaar en hartseer, maar ons weet God het ‘n storie om met ons daar te skryf."

Marizanne, ons bid jou die seën van die Here toe en al gaan ons jou baie mis, weet ons die Here het ‘n nuwe bediening vir jou in De Aar.

Foto: saam met Marizanne is haar man Cornél

Onthou jy is welkom om in die Tent die lewendige Informele diens te kyk indien die kerk te vol is.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri