'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons behandel Studie 1: God se teenwoordigheid, onthou om asseblief voor die tyd deur die teks te lees. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans).

Die groepe kom 10:00 by die kerk bymekaar en om 09:00 is daar ‘n Zoom-byeenkoms. Hier is die skakel vir hierdie week se Zoom-byeenkoms: https://us04web.zoom.us/j/75608157642?pwd=J5ze6VCYBvjctzQd6tsuKoBOb4r1Gv.1
Meeting ID: 756 0815 7642
Passcode: JSiz25

Die afgelope Sondag is ons geseën met pragtige eredienste. Prys die Here. Ons moes stoele indra om vir elkeen ’n plekkie te gee.

Hierdie komende Sondag, 30 Januarie sluit ons week 1 van In Gesprek met God af met die tema, God se Teenwoordigheid. Ons nooi jou uit om enige van ons eredienste te kom bywoon.

Daar is ’n gesegde wat se “Lex orandi, lex credendi, lex vivendi” wat bloot beteken – “soos mense bid, so glo hulle en so lewe hulle”. Die kernvraag wat ons vir mekaar moet vra is: Wat behels my gebede of gesprekke met God? Hoe bid ek? Wat gebeur tussen my en die Here? Ons wil graag Sondag vir jou kans gee om na te dink oor jou gebede. Wat sê my gebede oor wie God is?>>

Lees verder: God se teenwoordigheid

Kommunikasie – die woord wat so baie “dinge” insluit en so belangrik is in ons almal se lewe en werk. By Helderberg gebruik ons die webblad, e-nuusbrief, sosiale media, WhatsApp en die video’s van die preke om ons storie te deel. Dan is daar nog die PowerPoint op ‘n Sondag en natuurlik die leraars vanaf die preekstoel, maar ook jy wat die storie met ander om jou deel.

Die Kommunikasiespan is op soek ‘n leier wat strategies kan dink, kan kyk na nuwe verwikkelings en die bestuur van kommunikasie by die gemeente. Is jy daardie persoon of wil jy dalk net meer weet wat dit alles behels? Kontak vir Deon Els by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of vir Lize by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en hulle kan jou meer vertel. Hierdie pos is soos al ons leiers van spanne/bedieninge ‘n vrywillige pos en die persoon sal ook op die kerkraad dien. Is dit die plek waar jy jou vaardighede moet gebruik vir die werk van die Here? Ons hoor graag van jou.

Ons het ‘n behoefte om te groei in ons verhouding met God. Vir sewe weke gaan ons hele gemeente in gesprek wees met God deur te kyk na die Ons Vader gebed – in ons stiltetyd, gesinne, kleingroepe, eredienste, familiebediening, noem maar op. Ons reis begin op Maandag 24 Januarie en eindig Sondag 13 Maart. Helmut Thielicke het tydens die Tweede Wêreldoorlog ‘n boek oor die Ons Vader gebed geskryf met die tema “Die gebed wat die wêreld omspan.”

Die Ons Vader gebed kan my lewe heeltemal verander; die Ons Vader gebed kan ons gemeente se lewe heeltemal verander; die Ons Vader gebed kan die wêreld waarin ons leef heeltemal verander. Daar is gedrukte boekies by die kerkkantoor/eredienste beskikbaar óf julle kan dit van die gemeente se webwerf aflaai, kliek hier (help ons asseblief om die koste van die boekies te dra deur iets ekstra by te sit by jou dankoffer).

Die volgende sewe temas word behandel: God se teenwoordigheid; Heiligheid; Sy wêreld; Sy wil; Behoeftes en begeertes; Vergifnis; Boosheid en broosheid. Wees deel van die reis en nooi soveel as moontlik ander mense om saam met jou deel van hierdie opwindende reis te wees. Ons glo werklik dat die “Sewe weke in gesprek met God” tot groot seën van almal sal wees. Wees daar waar die seën uitgedeel word!

– Danie O’Kennedy

Sondag se eredienste dien as inleiding vir ons “Sewe weke gesprek met God”. Ons tema is “Bid, glo en leef” en die teksgedeeltes Matt 6:5-8 en Jak 5:13-18. Daar is ’n gesegde in die vroeë kerk wat lui: “Soos mense bid, so glo hulle en so lewe hulle ook.” Gebed is nie iets opsioneel vir ’n gelowige nie. Dit is die kern van ons verhouding met God. Ons kan nie glo sonder om te bid nie; ons kan nie leef sonder om te bid nie. Jesus moedig ons aan om nie soos die skynheiliges te bid nie, maar opreg met Hom te praat en spesiale tyd daarvoor af te sonder (Matt 6:5-8). Ons glo dat ons enige tyd en onder enige omstandigheid met God kan praat (Jak 5:13-16a). In Jak 5:16b staan die volgende woorde: “Die gebed van 'n regverdige is baie kragtig in sy uitwerking.” Glo jy dit werklik?

Danie O’Kennedy gaan Sondag die diens behartig en alle dienste/aktiwiteite is soos gewoonlik op ‘n Sondag.

Dienste:
08:00 Klassieke diens
08:30 Meditatiewe diens
09:30 Informele diens
09:30 Kiddie- en Tekkiekerk
10:00 Helderberg Village
18:00 Tieners
19:00 Aanddiens

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri