'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die Projek vir Gestremdes se missie is om persone met gestremdhede by te staan, hetsy finansieel of deur daad waar nodig. Ons deel graag die kort video omdat dit ‘n mooi vergelykking met ons projek is. Daar is baie gebroke skoenlappers in ons gemeenskap en danksy hierdie gemeente kon en kan ons nog steeds vlerkies heelmaak omdat julle gereeld ‘veertjies” voorsien.

Dankie vir die gereelde bydraes. Ons wil graag ‘n groot fondsinsameling poging soos ‘n gholf dag reël en nooi graag persone om betrokke te raak hetsy deur te help met beplanning of om deel te neem. Kontak ons per epos op Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Kyk gerus na die kort video by die volgende skakel: https://www.dropbox.com/s/ogjhoayyb2av4yo/Projek_vir_gestremdes_17_10_2021.mp4?dl=

Jesus gee nuwe lewe
Daar is ‘n paar mense in die Bybel wat uit die dood opgewek is. Hulle moes seker die belangrikste mense in die geskiedenis wees dat God besluit om hulle weer lewend te maak. Watter belangrike dinge is aan hulle toegeskryf, wat het hulle vermag om hierdie besondere stuk genade te verdien? Gaan soek hierdie persone wat lewend gemaak is en skryf neer hoekom jy dink dit het met hulle gebeur.

Wanneer ons na hierdie uitsonderings kyk kom Jesus in die Nuwe Testament en dan doen hy hierdie groot wonderwerke en dit maak glad nie sin nie. Dit verstom die mense van sy tyd. Hulle kan nie glo dat Jesus HIERDIE mense kom lewend maak nie. Dan sê ons Jesus is radikaal, hy is anders, maar as ons terug gaan na die Ou Testament dan sien ons dat God daar presies dieselfde doen. Dat die Vader radikaal is, dat Hy anders is. Dan is daar ‘n verrassing, vandag nog wek God mense uit die dood op – dit maak nie sin nie, maar kom luister Sondag na bewyse van hierdie radikale gebeure.

Kom sien dit met jou eie oë.

Paul Barnard

Colours of India
Hierdie nuwe inisiatief word vir die Yenadi-stam in ‘n klein plattelandse nedersetting bestuur. Dis ‘n wonderlike gemeenskap wat aan ‘n wye verskeidenheid bygelowe glo. Hulle is hoofsaaklik Hindoes en beoefen poligamie. Hulle glo vas dat hul gode sekere mense bevoordeel – afhangend of ‘n spesifieke ritueel of boetedoening aan die spesifieke god se goedkeuring voldoen. Goeie geluk en noodlot is belangrik vir die Yenadi-stam. Gelukbringers en "gelukkige mense" sal vir hul geluk bring, glo dié stam. Onderwys-standaarde is swak en slegs 1/10 van hulle is geletterd.

Hulle is hoofsaaklik plaasarbeiders, jagters of werk as arbeiders, soos straatveërs en skoonmakers in die stede. Hulle verkoop ook heuning as ‘n inkomste. Hul dieet sluit knaagdiere, akkedisse en paddas, wilde varke en slange in.

Die Yenadi's is vriendelik en oop mense en hul emosies kan maklik gelees word. Hulle hou van musiek en dans. Elke nedersetting beskik oor sy eie hoofman wat gerespekteer én gehoorsaam word. Sy woord is wet.

Ons werker word tans baie positief ervaar deur hierdie stam en ons wil graag die lig en liefde van God aanhou oordra aan hierdie nederige mense.>>

Lees verder: Nuwe onderwyssentrum vir ‘n onbereikte stam

Ons sien uit om jou te verwelkom. Geen bespreking nodig nie.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri