'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

As jy partytjie hou en jy nooi net jou vriende, gaan julle waarskynlik heerlik kuier. Familiebyeenkomste se kuier is nie altyd so lekker nie, want jou familie is vir jou gekies. By die kerk is ons familie!? Almal is nie altyd ons keuse nie. Almal wil ook nie altyd dink en doen soos ek wil nie. Jesus het dit verstaan. Daarom bid hy spesifiek vir ons eenheid as gelowiges. Hy het verstaan dat dit ’n wonder is as ons in ons verskeidenheid tog eensgesind kan wees. Dit is juis hierdie wonder wat ander mense sal laat glo in Jesus Christus. Soms, maar veral wanneer krisistye kom, is bloed dikker as water. Of anders gestel, dan beleef ons iets van die wonder van die eenheid van God se familie.

Danie Möller gesels Sondag in ons huiskerk-opname hieroor. Sondag se deurkollekte gaan vir Helderberg Uitreik.

Ons raak bietjie senuweeagtig wanneer ons die volgende vier woorde hoor: “My fellow South Africans...” Na ons President se familie-byeenkoms Dinsdagaand moet ons ook sê: My medegelowiges, ongelukkig gaan daar nie dienste binne die kerk gehou word op die stadium nie. Maar daar sal steeds ‘n huiskerk-uitsending op ons YouTube-kanaal wees en ook skakels van die diens op die webblad, Facebook en die gemeente se WhatsApp-groep.

Intussen bly ons steeds bid vir al die mediese personeel, ons kinders en studente en veral almal wat op een of ander manier geraak word deur Covid-19 – die wat siek is en hul familie, asook die wat ‘n geliefde verloor het. Ons bid saam vir ons land en mense.

As jy met iemand wil praat kontak asseblief die Beradingsentrum (079 417 3863 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.) of die kerkkantoor (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.).

Wat ‘n ongelooflike belewenis en voorreg was dit nie om weer, soos in die verlede, te kon Kinderpinkster aanbied nie. Die kosbare en inspirerende reeks van Kidsxpress, “Ons Koning Kom”, het ons net opnuut laat besef hoe God nog altyd daar was en dat Sy teenwoordigheid in en deur mense, soos ‘n goue draad loop vanaf die Ou Testament tot en met nog na die Nuwe Testament.

Ek was verstom oor die 70+ opgewonde kinders wat vanaf die Sondag oggend tot Donderdagaand opgedaag het, ongeag of dit stortreën.
Baie dankie aan almal wat gehelp het om dit ‘n groot sukses en wonderlike ervaring te maak vir ons kinders. Alle eer aan die Here dat Hy ons Koning is wat weer gaan kom.

Lizl Botha

 

Helderberg Uitreik se 38 projekte kon die afgelope jaar, ten spyte van die inperkings en uitdagings daarin slaag om direkte dienste aan 71 866 mense te lewer. Hierdie dienste sluit mediese dienste, beradings- en ondersteuningsdienste, voorsiening van lewensmiddele en versorging, vroeë kinderjare-ontwikkeling, ontwikkelingsprojekte vir tieners en volwassenes, asook Evangelisasiebedienings in.

In die woorde van ons Voorsitter, Kotzé van Wyk:
Die drie woorde wat vir my hierdie jaar uitgestaan het, is “uitdagend”, “aanpasbaar” en “innoverend”.

Uitdagend: Totale afsluiting van mekaar weens Covid-19 en hierna die onsekerheid van wat die regte besluit is in die omstandighede wat met beperkte kontak gepaard gaan. Meeste van die projekte wat in die gemeenskappe werksaam is, kon nie voortgaan met hulle normale aktiwiteite gedurende die grendeltydperke vlakke 5, 4 en 3 nie. Projekte moes bykomende maatreëls tref weens die pandemie.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Helderberg Uitreik – ‘n anderste jaar

Ons almal wil geken word, jare terug was daar ‘n reeks op TV, Cheers, en die slagspreuk was: “Where everyone knows your name”. Almal van ons wil geken word, geliefd wees. Die kerkwoord hiervoor is gasvryheid, maar ons het die afgelope paar jaar interessante inhoud gegee aan die woord gasvryheid. Vir party beteken dit om te onthaal, om die beste voor te sit, om die gaste te hanteer soos koninklikes, die beste eetgerei word uitgehaal en daar word uit die koppies gedrink wat net vir spesiale geleenthede gebruik word.

Die vraag is of dit regtig gasvryheid is, gasvryheid waarvan die Bybel praat is om mense te laat ervaar hulle het tuisgekom, hulle kan hulle skoene uitskop en ontspan. Hulle hoef nie enige iets voor te gee nie, hulle kan maar net hulleself wees, want gasvrye mense is net hulleself. Dit skep ‘n punt waar mense in egtheid by God kan tuiskom. Ons lees saam in Efesiërs 4 van hoe so 'n gemeente lyk. Kom wees gasvry saam met Paul Barnard.

Sondag se diens is beskikbaar op ons webblad en YouTube-kanaal. Sondag se deurkollekte gaan vir “Colours of India”.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri