'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Kliek hier vir meer oor die pos. Belangstellendes moet asseblief elektronies hulle aansoeke stuur na Marisa Viljoen by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Sluitingsdatum vir aansoeke is 25 Maart 2022 om 12:00.

Aanvangsdatum van pos is 01 Augustus 2022

Rig navrae aan die Menslike Hulpbronbeampte via Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Helderberg Uitreik se Rampverligtingfonds het kontak gemaak met ’n Suid-Afrikaanse sendelinggesin in Oekraïne.

Michele Potgieter en haar gesin woon al 26 jaar in Reni, naby die grens met Moldawië en Roemenië, waar sy en haar man ’n kerk geplant het. Hulle sien steeds om na kwesbare persone in hul dorp, en daar kom baie vlugtelinge verby.

Michele-hulle kook kos en neem dit na mense wat tot drie dae wag om die grens oor te steek. Hulle deel ook pakkies uit met basiese produkte soos meel, olie, pasta, blikkieskos, suiker, tee, kondensmelk, brood, botter, ens., soos hulle produkte in die hande kan kry. Die waarde van só ’n pakkie is ongeveer R180. Hulle gee ook babakos en doeke waar nodig.

Sy vra dat ons die dorp en mense van Reni in ons gebede sal hou.

Luister na ’n onderhoud met Michele op Radio Kansel: https://iono.fm/e/1161324?fbclid=IwAR0Bk2CIq6LIUYchYytWkGyU6ol8KYgRl4Jhc6kYlSbGgBxn0s3qVhkqLq4

Die Rampverligtingfonds het reeds ’n skenking gemaak om die kerk in Reni met hul bediening aan kwesbares en vlugtelinge by te staan. As iemand finansieel wil bydra, kan hulle dit by Helderberg Uitreik inbetaal met die beskrywing OEKRAINE.

Pia Nänny

Welkom by ons hierdie komende Sondag. Ons het ’n besige naweek by Helderberg Gemeente en ons sien uit om jou te verwelkom. Ons 7 weke reeks – In gesprek met God sluit hierdie week af en ons is dankbaar vir wat die Here met ons kom doen het oor die laaste paar weke.

Ons sluit die reeks af met Jesus se laaste deel van die Onse Vader, “en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.” As ons dink aan versoekings dan is ons geneig om versoekings af te maak as ’n klomp dinge wat ons tog net nie moet doen nie. Ons raak vasgevang om te dink dat versoekings amper soos ’n klomp “speelgoed sondetjies” is wat ons tog net nie moet aanvang nie. En tog lees ons dat Jesus se gebed vêr dieper implikasies vir ons het. Die versoeking wat Jesus van praat is die grootste versoeking waarin ons kan verval.

Die groot vraag is, wat is die grootste versoeking? En hoekom is dit vir God so belangrik dat ons nie op hierdie een versoeking sal vasval nie?

Kom Sondag na enige van ons eredienste en kom gesels saam oor die grootste versoeking waarvan Jesus in Matteus 6 vers 13 praat.

Vrede en Seën vir jou

Deon Els

Beste geloofofferbydraers
Baie dankie vir julle wonderlike ondersteuning vir Helderberg Uitreik die afgelope boekjaar. Dit stel ons in staat om God se hoop, liefde en lig na die wêreld, hier naby en daar vêr, te dra.

Laat weet asb as jy ‘n Art 18A sertifikaat benodig vir bydraes vir aangewese plaaslike projekte, WBB of Bestuur. Dit help ons ook baie as jy die bedrag en datum van betaling deurgee.

Vra asb jou Art 18A aan by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

’n Veilige plek
Helderberg Babas kon tussen Januarie 2021 en Februarie 2022 ’n veilige plek aan tien babas bied wat sorg en beskerming nodig gehad het. Tans bring drie klein dogtertjies groot vreugde in ons huis en harte. Die jongste twee is onderskeidelik op 15 en 27 Februarie 2022 gebore – dus nog splinternuut!

God strengthens
Op 2 Julie 2021 het ons vir baba Will by Helderberg Babas verwelkom. Will was op 27 Junie vyf weke prematuur gebore is en het net 2.110 kg geweeg. A.g.v. van sy premature geboorte moes Will taamlik intensiewe fisio- en arbeidsterapie ondergaan. Ons is baie dankbaar vir terapeute wat hulle tyd en kundigheid aan Helderberg Babas geskenk het sodat ons aan Will die beste sorg en ’n hupstoot in sy ontwikkeling kon gee. Will is op 18 November deur ’n wonderlike paartjie van Wellington aangeneem. Hulle het 14 jaar gewag om ’n baba in hulle arms vas te hou. Sy ouers noem hom nou Zeke, afgelei van Ezekiel wat beteken: God strenghtens. Ons ontvang gereeld terugvoer d.m.v. foto’s en video’s en is selfs aan die einde van Januarie met ’n besoek bederf. Zeke het beslis al sy agterstande ingehaal en is nou ’n baie besige 8 maande oue meneertjie wat groot vreugde vir sy ouers en groter familie bring.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Helderberg Babas

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri