'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Onthou die pos sluit Vrydag, kliek hier vir meer.

Ons hervat die studie van 1 Timoteus 4 onder die tema: Ons mág verskil of Eenheid in verskeidenheid. Die uitdeelstuk is reeds per e-pos gestuur, maar indien dit nog benodig word, kontak Derek per e-pos by: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of kliek hier. Ons vra dat almal die Skrifgedeeltes vooraf lees en die bespreekpunte besin.

Hier is die skakel vir Donderdag se Zoom-sessie:
https://us04web.zoom.us/j/78583933896?pwd=RS81MUhXcFFIbVdnSFg3OVJqWWlnUT09
Meeting ID: 785 8393 3896
Passcode: nM2CFQ

Ons as Helderberg Gemeente is in die baie bevoorregte posisie om dankbaar te kan wees vir ons vaste huurders en ek is opgewonde om hulle aan julle bekend te stel, of te herinner aan hulle:
• Akademia
• EDHEN Skool
• Adele Botha Leesklasse
• Narcotics Anonymous
• Talanja Pre-Primêre Skool
• KUMON wiskunde klasse. Baie welkom as nuwelinge by die Helderberg-familie.

Ons is ook beskikbaar indien julle sou belangstel om ‘n konferensie te reël, kantoorspasie te huur, of selfs opleidingsessies wil hou. Dykes Van Heerden Prokureursfirma is een van ons baie gereelde kliënte. Kontak my gerus by 021 851 5582 of epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. indien jy ons lokale wil besigtig. Ons het selfs spyseniering beskikbaar wat koffie en tee aanbied sodra konferensiegangers soggens arriveer en middagetes, binne die beperkinge van inperkingsreëls.>>

Lees verder: Fasiliteite by Helderberg

Mense reageer verskillend in krisistye: Sommige raak baie angstig en negatief; Ander voel lam en kan niks doen nie; Party baklei onder mekaar en gee ander die skuld; Daar is diegene wat mag misbruik en vals nuus versprei; Sommige raak baie geestelik, maar doen min.

Wat verwag die Here van ons om nou te doen? Die Bybel het in krisistye ontstaan en daar is talle verhale wat ons hiermee kan help. Een so ‘n verhaal is dié van Nehemia. Nehemia hoor van die ernstige krisis in Jerusalem – die muur van Jerusalem is afgebreek en die stadspoorte verwoes (Neh 1:1-3). Wat doen Nehemia? Hy glo dat sy Almagtige Here hom kan help. Hy treur, maar bid ernstig tot die Here (1:4-11). En hy probeer om iets te doen. Hy gaan spreek die koning van Persië (2:4-5). Hy gaan na Jerusalem en moedig die mense aan om die muur te herstel. Hy ontvang kwaai teenstand, maar raak nie moedeloos nie. Hy volhard om goed te doen en op die ou-end is die muur voltooi (6:15-16).>>

Lees verder: Wat moet ons nou doen?

Die kerk se Boekhoekie het die afgelope maande heelwat boeke en CD skenkings ontvang, soveel so dat ons selfs 'n paar nuwe boekrakke moes bykry. Ons het onder andere 'n hele rak vol Bybelverhale vir kinders, heelwat nuwe Afrikaanse verhale vir volwassenes, die volledige Lord of the Ring-trilogie op CD, en 'n uitgebreide verskeidenheid geestelike boeke.

Ons het ook onlangs 'n mooi versameling musiek CD's ontvang wat bestaan uit klassieke musiek, ligter musiek van bekendes soos Frank Sinatra en Laurika Rauch, en selfs kersfeesmusiek.

Alle boeke en CD's steeds net R10 per item. - Grazie by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri