'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons het pas by Helderberg Gemeente begin met ’n reeks: 7 Weke aan tafel met Jesus. Ons wil leer by Jesus se tafelgewoontes. Hierdie week sien ons Jesus eet nie net saam met die “vrate en wynsuipers” nie. Jesus eet ook in die “pastorie”. By hierdie ete is daar opskudding en skandes, maar veral is daar genade. Genade vir die vromes en die minder vromes. En dalk het die vromes dit baie meer nodig as wat hulle besef.

Lees saam met ons hierdie week elke dag Lukas 7:36-50. Nooi iemand en gesels saam daaroor rondom ’n bord kos of iets om te drink. Kom Sondag na die eredienste. Kom aanbid die Here, beleef die saamwees van gelowiges en die boodskap oor die teks. Die 7 Weke aan tafel met Jesus-gids sal ook weer beskikbaar wees. Sien jou Sondag.

Danie Möller

Jurie Goosen het op 15 Januarie 2023 sy demissie ontvang van Helderberg Gemeente in Somerset-Wes, vanwaar hy sedert sy bevestiging in 1989 as die eerste sendeling van die gemeente uitgestuur is. “Ons is baie dankbaar vir die gebede en ondersteuning van Helderberg Gemeente en Helderberg Uitreik oor baie jare”, skryf Jurie.

Jurie loof die Here vir Sy getrouheid oor baie jare en die voorreg om in Sy diens te staan. “Die Here het deure geopen na studente van die mees geslote lande. Ek is baie dankbaar vir die ondersteuning van 'n goeie lewensmaat en medewerker (Magdaleen), sonder wie ek nie die bediening sou kon doen nie.”

Die verantwoordelikhede van die gemeente vir Internasionale Studente op Stellenbosch gee hy oor aan Tyler Helfers, ‘n gereformeerde predikant van die VSA wat die werk as ‘n uitreikbediening van Stellenbosch Moedergemeente sal voorsit.

Aftrede is vir Jurie 'n nuwe seisoen en nie die einde van sy roeping nie. Hy wil voortgaan met die vriendskap met studente van geslote lande en bemoediging van leiers uit die Majority Christian World. Verder wil hy Magdaleen, wat nog vier jaar van bediening oor het, ondersteun. Hy sien ook uit na 'n kans om meer te lees en te skryf.

Met groot waardering vir jou gewaardeerde en passievolle bydrae tot die Internasionale Studentebediening-projek van Helderberg Uitreik.

Louise Theron
Uitreikbestuur

Foto: Jurie en Magdaleen saam met internasionale studente

Ons is besig met ons 7 weke reeks “Aan tafel met Jesus” en hierdie week se teksgedeelte is die verhaal van die Emmausgangers in Lukas 24:13-35. Kleopas en sy reisgenoot stap ongeveer 11 km saam met Jesus vanaf Jerusalem na Emmaus. Hulle gesels oor allerhande dinge, maar hulle herken glad nie vir Jesus in hulle midde nie. Maar nadat hulle aan tafel gaan sit het en die brood gebreek het, gaan hulle oë oop. Hulle herken vir Jesus. En hieroor kon hulle nie stilbly nie.

Dit kan gebeur dat ons nié vir Jesus in ons midde raaksien nie. Soms help dit om saam met Jesus en sy kinders “aan tafel” te gaan sit sodat ons Hom in die oë kan kyk. Hy sal ons “harte laat brand” te midde van ‘n wêreld wat ons kan moedeloos maak. Sien jou Sondag.

Danie O’Kennedy

Ons Aanbiddingspan gaan hierdie kwartaal spesiale aandag gee aan die meditatiewe dienste in die Kapel. Dr Theunis Botha, kundige op hierdie gebied, gaan die predikante hierin begelei. Die Meditatiewe diens elke Sondag om 08:30 is ’n erediens met tye van stilte en nadenke en meditatiewe sang. Almal met ’n aanvoeling hiervoor word genooi om die dienste by te woon.

Hierdie Sondag se diens word gelei deur Theunis Botha.

Gebruik ons platforms sodat jy kan deel in die Gemeente. Sluit aan by die WhatsApp-groep of ons YouTube-kanaal en kry elke week die skakels na die preke. Op Facebook deel ons stories en op ons webblad is nog baie ander inligting.Of kry sommer die weeklikse HelderNuus met epos.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri