'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Aswoensdag is op 22 Februarie waarmee ons dan die Lydenstyd begin. Kom word stil saam met ons.

Die VenSel Dagsorg Sentrum (VenSel DSS) is die jongste projek wat by Helderberg Uitreik geregistreer is. Vengesai en Selina, wat die behoefte van ouers in die Lwandle- en Nomzamo-omgewing geïdentifiseer het, het die VenSel DSS begin om kinders te versorg en opvoeding te gee terwyl hierdie ouers by die werk is. Die projek se visie is "om toeganklike vroeë leer- en kindersorg programme van hoë gehalte aan minderbevoorregte kinders teen 'n bekostigbare fooi te bied en te bevorder. "

Tans baat VenSel Dagsorg Sentrum by ondersteuning deur die voorsiening van voedsel as deel van die Dienssentrum se program by Helderberg en deur ad hoc skenkings. Die projekspan het ook spesifieke behoeftes geïdentifiseer t.o.v. voedingsbehoeftes, opvoedkundige voorrade om vroeë kinderontwikkeling te bevorder en beter toegeruste fasiliteite om die ontwikkeling en versorging van die kinders by VenSel DCC te verbeter.

Die projek het ook verder VenSel ondersteun met die volgende inisiatiewe of hulp:>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: VenSel Dagsorg Sentrum

Ek hoop dat julle die week heerlik geëet, gekuier het en julle geloof om die tafel gedeel het. Dit is lekker om mense te nooi waarvan jy hou, ken, verstaan en weet gaan lekker by jou kuier. Maar Jesus se om die tafel gesprekke het wyer geloop as dit. Hy aanvaar uitnodigings om te gaan eet by mense wat nie van hom hou nie. Hy word egter nie daardeur geïntimideer nie, maar bepaal die aard van die ete.

Hierdie tafelgesprekke spreek my baie aan, want hierdie tekste het ‘n groot skuif gebring in my teologie. In die begin het ek na die opdragte gekyk wat ek in die Bybel kry en omdat ek lief is vir God het ek dit probeer uitvoer. Dit het beteken elke mens wat ek teengekom het, het ‘n objek van my evangelisasie/gehoorsaamheid aan God geword. Ek was baie trots op myself! Ek het om die tafel tekste gelees en gedink dit is ‘n wonderlike manier om hierdie objekte waarmee ek besig is te skuif na die resultaat waar ek glo hulle moet wees.

Daar het egter iets anders gebeur, om die tafel het ek die mense ontdek, het hulle my vriende geword en het ek hulle nie meer iewers probeer uitkry nie. Ek het die mense lief gekry en hulle vir my, ons het saam gegroei ek kon leer by ander wat anders as ek is. Ek dink party maal ek het meer geleer van God by mense waarmee ek my nooit sou gemeng het nie as wat ek in die teologie geleer het. Hierdie ontdekkings om die tafel leer my ontdek oor ander mense, oor myself en oor God.

Kom hierdie Sondag op hierdie ontdekkingsreis saam met ons terwyl ons kuier en lag om die tafel.

Paul Barnard

Kontak gerus vir Grazie by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Harmony-span streef daarna om individue en hul kinders wat geraak word deur die dood van ‘n geliefde, egskeiding en enkelouerskap te ondersteun en te mobiliseer om draers van Christus se hoop te wees.

Die programme Grief Share en Divorce Care begin 16 Februarie en word in September herhaal. Dit bestaan uit 13 sessies wat jou help en toerus vir die moeilike pad van rou en egskeiding. Donderdae-aande van 18:00 tot 20:00 kom die groepe in onderskeie lokale bymekaar en kyk na ‘n video wat aangebied word deur professionele persone en mense wat self die pad van genesing al gestap het. Na die video fasiliteer ons vrywilligers, wat verstaan en weet wat hierdie pyn beteken, die vrywillige groepbesprekings. Dit is hier waar mense besef dat wat hulle deurgaan normaal is en dat ander ook in dieselfde bootjie is.

Enige persone, ook nie-lidmate, is welkom om die programme by te woon. Jy hoef nie dié pynlike pad alleen te stap nie.

Ons deel graag 2 getuienisse:>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Harmony Projek

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri