'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Weet jy is vrygekoop deur Jesus Christus. Kom vier saam as kinders van God Goeie Vrydag.

Stap saam met ons hierdie week en woon die 30 minute dienste by. Donderdag eet ons almal saam, kontak asseblief vir Olivia om te bespreek by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

In ‘n wêreld waar dit voel of ons partymaal onderdruk word, waar dinge te veel word doop ons steeds kinders want daar is HOOP. Ons sing en roep Hosanna die Koning kom, want as ons ophou roep sal die klippe dit uitroep. Sondag is Palmsondag en saam met miljoene Christene reg oor die wêreld vier ons dat Jesus die Messias is, die Koning van die konings en ons verlosser is.

Kom aanbid God saam in vreugde en gaan lewe met hoop.

Paul

Die volgende twee Sondae is daar geen huiskerk video's nie, slegs lewendige uitsendings. Ons nooi jou uit om die dienste in die kerk by te woon saam met ander gelowiges.

Sluit by ons aan vir die Alpha Kursus! Of jy nou 'n soeker of 'n gelowige is, is hierdie 'n wonderlike geleentheid om die Christelike geloof te verken en vrae te vra in 'n verwelkomende en nie-oordelende omgewing. Kom ontdek meer oor Jesus en kry kontak met ander op dieselfde reis. Registreer nou en bring 'n vriend saam.

Alpha Helderberg begin Dinsdag 18 April 19:00 in die Helderberg Kapel en duur vir 12 weke. Kursus is gratis.

Bespreek jou plek by Danie Möller 083 375 8444 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Vanaf hierdie Sondag sal daar verskeie stasies in die Tent wees waar jy kan stil word en nadink en bid. Hierdie stasie verteenwoordig die pad na die Kruis. Kom gerus en beleef dit. Die kerkkantoor is oop van 08:30 tot 13:00 (skoolvakansietye).

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri