'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die opstanding van Jesus het die wêreld verander. Dit het 'n radikale verskil gebring in hoe gelowiges na die lewe kyk. Wat is hierdie verskil? Nog belangriker: Hoe ervaar jy die verskil in jou uitkyk op die lewe? Dit is waarmee ons besig is by Helderberg se eredienste in die 5 weke na Opstandingsondag. Die lewende Jesus laat jou regtig lewe.

Sondag se skriflesing is 1 Petrus 1:3. Jy is welkom!

Danie Möller

Die Truth2kids projek hou vanaf 12-14 Mei ‘n kamp by Kleinmond vir kinders vanaf gr 4-6 van ons Bybelklubs in Sir Lowry’s Pass en die Strand. Ons tema is “Jy is Myne” en ons wil graag kinders begelei om God as Vader beter te kan leer ken. Daar gaan ook lekker speletjies, saam sing en ander pret aktiwiteite wees.

Ons sal so dankbaar wees as daar dalk mense is wat bereid is om van die kinders te help borg om op die kamp te kan gaan deur R200 of enige bedrag bydrae te maak, aangesien daar ‘n hele paar van hulle is vir wie dit moeilik is om te betaal. Bydraes soos langlewemelk, koekies, beskuit, maalvleis of tuna sal ook baie welkom wees. (Dit kan by die kerkkantoor afgegee word, merk asb Truth2kids kamp).

Kontak Minette Krog by 083 655 011 of Antoinette Erasmus by 072 380 9205

Bydraes kan inbetaal word by: Helderberg Uitreik, ABSA Somerset-Wes, Rek.2900590094, Takkode: 632005, Verwysing: Truth2kids Kamp

Super heroes tussen ons
Ons dienssentrum voorsien waar daar nood is aan ons eie gemeente lede, Moedergemeente se behoeftige lidmate en dan ook aan ander projekte wat deel is van Helderberg Uitreik. Vanaf Eersterivier tot Sir Lowry’s Pass.

Al die voedsel wat ons aan die projekte gee moet eers opgelaai en dan verpak word volgens die grote van die projek en dit is waar ons heroes inkom.

Elke dag van die week (al 7 dae) is daar ‘n hero wat sy tyd en energie gebruik om te gaan oplaai en dan by die Dienssentrum te kom aflaai. Oggende vroeg is een van die heroes op pad om seker te maak daar is voedsel om aan die projekte te voorsien. Koue, wind en reën pla hulle nie.

Soos dinge in ons land nou staan raak die voedsel behoeftes in ons gemeenskappe al hoe groter. Ons voorsien op ‘n weeklikse basis aan meer as 5 000 kinders en 3 000 volwassenes kos. Dit sluit in 4 voorskoolse kinderprojekte, 5 sopkombuise en 9 kospakkie projekte.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Dienssentrum

Hierdie fonds, wat gestig is, en bestuur word deur Helderberg Uitreikbestuur, word befonds deur geloofoffers en kwalifiseer ook vir Artikel 18A sertifikate. Kliek hier vir die skakel na die vorm.

Dit is gestig as ‘n steunfonds vir geregistreerde projekte van Helderberg Uitreik. Projekte doen aansoek op ‘n spesiale aansoekvorm en die Uitreikbestuur evalueer elke aansoek en die impak/verskil wat die steun uit die fonds aan die projek se visie sal maak.

Die Uitreikbestuur is dankbaar vir die donateurs van die WBB fonds. Dit verseker volhoubaarheid van projekte, ondersteun nuwe inisiatiewe van projekte en maak ‘n groot impak op armoedeverligting en die ontwikkeling van mense sodat die Hoop van Christus na ‘n wêreld in nood, naby en ver, gedra kan word.

Navrae: Melanie Smit by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Verlede Sondag het gelowiges regoor die wêreld saam Paasfees gevier. Ons is besig met ‘n nuwe preekreeks wat aansluit by die Paasboodskap.

In Lukas 24:5-6 lees ons die treffende woorde van die twee engele: “Waarom soek julle die lewende by die dooies? Hy is nie hier nie, maar is opgewek”. Jesus se opwekking maak ons opgewonde. Jesus se opstanding gee vir elkeen van ons hoop in ‘n deurmekaar wêreld.

Ons kan nie hieroor stilbly nie. Ons word opgeroep om vir Jesus te leef en nie net te bestaan op aarde nie.

Danie O'Kennedy

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri