'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons sal beslis weer so lekker saam wil werk en kuier.

Na die 2'de diens is 'n kuiergeleentheid vir die hele familie. Bring 'n bord eetgoed en almal deel en eet saam in die Tent.


 

 

 

 

 

 

 

 

“When we talk about the Bible, I feel like I can relax.... because God is with me.” Hierdie woorde van ‘n gr. 1 dogtertjie tydens ‘n Bybelklub het my diep geraak. ‘n Gr. 2 seun moes mondeling praat en vertel wat sy kosbaarste besitting is. Opgewonde bring hy toe sy Bybel saam skool toe en kom wys vir my ook dat dit sy kosbaarste besitting is.

Die visie van die Truth2kids projek is om die Waarheid van God se Woord aan kinders te bring sodat hulle Christus sal ken en volg. Ons is baie dankbaar vir geleenthede om weeklikse Bybelklubs te kan hou by verskillende skole, kleuterskole en in die gemeenskap. So kan ons tans omtrent 1 600 kinders bereik in 39 Bybelklubs. Ons fokus hierdie kwartaal o.a. op die “Ek is” uitsprake van Jesus en doen dan Bybellesse wat verduidelik dat Jesus die Lig vir die wêreld, Brood van die lewe, Goeie Herder, Opstanding en die Lewe, en die Weg die Waarheid en die Lewe is.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Truth2Kids

Dit begin darem nou so ‘n bietjie lente word tussendeur die winter wat nie wil los nie. Ons almal wil uitbreek en uit ons huis kom. Vir te lank was ons vasgevang deur die koue en die mure van plekke waar ons geskuil het teen die natuur. So ook word ons baie keer vasgevang en voel dit of ons lewens beperk word deur omstandighede. Die politiek, die geweld, ons finansies, ons verhoudinge of siekte.

Ons beweeg deur ’n tyd waar ons elke dag gekonfronteer word met seer en moedeloosheid. Ons moet hier uitbreek. Sondag kyk ons na Paulus en sy lewe, soek ons na lewensraad en hopelik is daar iewers in sy briewe ‘n ystersaag of ‘n vyl versteek waarmee ons die tralies van ons tronke kan afsaag!

Kom vind vryheid saam met ons.

Groete
Paul Barnard

Breda Ludik
03/02/1955-07/09/2023

Breda is huis toe. Dit is met vrede in ons harte dat ons die nuus van Breda se heengaan met julle kan deel. Ons gebede gaan uit na Francé en die familie.

Prys die Here vir Breda se lewe en dit wat hy vir elkeen van ons beteken het. Prys die Here vir die Koninklike ontmoeting tussen Jesus en Breda. “Daar is geen heilige soos die Here nie, buiten U is daar nie een nie, daar is geen rots soos ons God nie.” - 1 Samuel 2:2

Mag die vrede van Jesus oor elkeen waak.

Breda was ‘n leraar van Helderberg Gemeente vanaf 1987 tot 2019

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri