'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Dit was 'n lekker kuier gewees, baie dankie.

‘n GROOT dankie aan Helderberg Gemeente vir nog ‘n jaar se ondersteuning en saamstap met die Hemel-op-Aarde Projek. Elke rand wat deur julle bygedra word, het ‘n gesiggie, ‘n naam en ‘n toekoms wat ingrypend verander word…

Ons is ons Hemelse Vader dankbaar vir die 99 kleuterskole in die Wes-Kaap waarby ons reeds betrokke kan wees. 2 590 vier- tot sesjarige leerdertjies ontvang hierdeur vroeë remediërende intervensie en 151 opvoeders word weekliks opgelei om ons program in hul eie klasse aan te bied. Ons intervensieprogram het egter ook ons Trojaanse perd geword, waarmee ons die skole kan binnegaan en die Woord van die Here deur ons opwindende boek “Kuns vir Koningskleuters”, met hierdie jong leerdertjies kan deel!

Die areas waarin ons werksaam is sluit in: Nomzamo, Asanda Village, Lwandle, Strand, Firgrove, Raithby, Macassar, Mitchell’s Plain, Khayelitsha, Delft, Kuilsrivier, Mfuleni, Eersterivier, Klapmuts, Franschhoek, Sir Lowry’s Pass, Grabouw en Botrivier. Die nood in baie van hierdie areas kan nie eens in woorde omskryf word nie, maar steeds word ons weekliks begroet met die vreugde-gesiggies van die kinders en die wonderlikste getuienisse van die opvoeders.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Hemel-op-Aarde Projek / Heaven-on-Earth Project (HOEP)

Ons moedig mekaar voortdurend aan om reg te kies - in ons geestelike lewe en in ons persoonlike lewe. Elkeen weet dat keuses ’n geweldig invloed in ons lewe het. Soms verstaan ons nie hoekom mense teen God se wil kies nie, veral as hulle bevoorreg was om in ‘n “goeie” huis te kon grootword. In die Bybel lees ons talle kere van mense se keuses en die gevolge van hulle keuses.

Ons lees in 2 Kon 18:3 dat koning Hiskia gedoen het wat reg is in die oë van die Here, net soos sy voorvader Dawid gedoen het. Maar ons lees in 2 Kon 21:2 dat sy seun Manasse gedoen het wat verkeerd is in die oë van die Here. ’n Mens kan dit amper nie glo nie. Gelukkig het Manasse nie volhard in sy verkeerde keuses nie. 2 Kronieke 33:12 getuig dat Manasse hom later in sy lewe voor die Here verootmoedig het en sy guns gesoek het.

Elkeen van ons wil hê dat ons familie en vriende vir die Here sal kies. Maar gelukkig is dit nooit te laat om reg te kies nie. Daar is altyd hoop. Die Here se genade is altyd by ons om reg te kies. Wat kies jy?

Danie O'Kennedy
Teks is: 2 Kon 18:1-8; 21:1-3 en 2 Kron 33:9-13

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri