'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Dit is hierdie Sondag Bybelverspreiding se getuienisgeleentheid. Kontak gerus vir Grazie by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons is besig met ons reeks Jesus ongefilter, Danie het Sondag gekyk na die Kruisiging en ons het gedurende Paasnaweek gekyk na die opstanding. Hierdie Sondag kyk ons na Jesus se Hemelvaart. Hemelvaart is nie een van die dae in die kerk wat baie aftrek kry nie, alhoewel dit vir ons ‘n baie belangrike dag is.

Ek het al baie hieroor gewonder. Ek dink dit is omdat ons iets van die dissipels se ongemak en onsekerheid beleef wanneer hulle staan en kyk hoe vaar Jesus op. Hulle bly staar na die wolke terwyl Hy weg is en die engele vra waarna kyk julle? Hoekom moes Jesus weggaan? Hoekom kon Jesus nie net bly en alles uitsorteer nie? Hoekom moet ons alleen agter bly? Calvyn sukkel ook hiermee as hy sê dat Jesus ons agter los en ook nie. Hoekom word ons agter gelos en wag ons nou net tot die wederkoms?

Die soeke na die doel van hierdie tussentyd tussen Hemelvaart en die wederkoms is die kerk se uitdaging. Staan jy nog en staar na die wolke, voel jy verlore, onseker? Hierdie Sondag kyk ons na wat is die doel van die Hemelvaart en die tyd wat ons nou hier op die aarde is.

Groete
Paul Barnard

Ons kan nie genoeg dankie sê vir lidmate wat ‘n gereelde maandelikse dankoffer gee nie. Dankbaar sien ons ook ‘n matige toename in dankoffers. Kommerwekkend, egter, word gereelde maandelikse bydraes slegs van 23.89% van gemeentehuishoudings ontvang. Ten einde ons beplanning te kan doen vra ons mooi vir jou dankofferverbintenis, as jou geloofsverbintenis jou daartoe lei. Let daarop dat ‘n geloofsoffer onderskei word van ‘n dankoffer. Slegs laasgenoemde mag deur die gemeente vir operasionele uitgawes gebruik word – nie geloofsoffers nie. Dui dus asseblief ook duidelik die aard van jou bydrae.

Groete
Chris Eagar – Leier van Rentmeesterspan
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

“So that they can read the Bible”

Opvoeding gaan ten diepste oor wysheid. Wysheid is ‘n lewensvaardigheid wat nodig is vir die werklike lewe, ‘n lewe in ooreenstemming met God se wil, en waarin respek vir die medemens ‘n sentrale plek inneem. Dit is dan ook die fokus van Mosambiek Geletterdheid.

Helderberg Uitreik is saam met die IRM (Igreja Reformada em Moçambique) al vir jare betrokke in Mosambiek om juis dit te doen: Kinders en volwassenes wat in verafgeleë plekke woon op te voed. Hulle doen dit met die Bybel as handboek. Terwyl hulle leer lees en skryf, sien hulle ook vir Jesus.

Hierdie projek het oor die jare pragtig gegroei: Daar is tans 8 bosskole vir kinders waarby 1 420 leerlinge betrokke is met 12 onderwysers; 5 bosskole vir volwassenes waarby 147 volwassenes baat vind met 5 fasiliteerders.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Mosambiek Geletterdheid

Vir hierdie week se resep kan jy eintlik maar net alles wat vir jou lekker is bymekaar sit. Ons soek nog baie pakkies jellie, kitspoeding en vla, so bring asseblief jou ekstra bestanddele kerk toe. Elke bestanddeel maak 'n verskil.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri