'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die Basaar is om die draai, hier is die program vir die dag.

In die tyd van Jesus was daar van sy volgelinge wat nie heeltemal verstaan het hoekom Hy aan die kruis moes sterf nie. Die vraag is: Verstaan ons werklik die omvang en betekenis van Jesus se kruisdood? Hoekom moes Hy ly en op so ’n wrede manier sterf?

Die Bybel beklemtoon dat Jesus se kruisdood van die begin af deel van God se plan was. Jesus het aarde toe gekom om vir ons te kom sterf (Fil 2:8). Met sy kruisdood het Hy verlossing en versoening vir almal bewerk (2 Kor 5:15). Jesus se kruis het ook betekenis vir elkeen van ons wat ons eie kruis op aarde moet dra (Luk 9:23). Sy kruisdood het nie die pyn en lyding van ons op aarde kom wegneem nie. Nee, met sy lyding aan die kruis kom bevestig Jesus dat Hy verstaan wat ons op aarde beleef en dat Hy in ons lyding teenwoordig is. Niks kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat Hy deur Jesus se kruisdood kom bevestig het (Rom 8:39).

Ons nooi jou Sondag om saam met mede-kruisdraers die nagmaal te beleef. Die nagmaal help ons om iets meer van die diepte van Jesus se kruisdood te verstaan sodat ons ons eie kruis kan dra.

Danie O'Kennedy

My skoonma vervang sommer die gewone meel met glutenvrye meel, dan steel ek altyd 'n hoekie voordat dit nog opgeskep kan word. Onthou om asseblief ekstra bestanddele kerk toe te bring.

Die tyd vir die Basaar raak vinnig nader. Ons het nog hulp nodig met betanddele asseblief. Enige hoeveelheid maak 'n verskil. Baie dankie vir elkeen se bydrae.

Dis amper Sondag. Jy is uitgenooi om deel te wees van Helderberg se familie in Christus.

Die afgelope vakansie kuier ons gesin vir die naweek by Mountain Zebra Park in Cradock. Ons vier my skoonma se sewentigste verjaarsdag. Die Sondagoggend vroeg ry ons deur die wildpark op soek na die pak leeus wat die vorige aand ’n vangs gemaak het. Na ure se soek met opgewonde dogtertjies wat met hulle tuisgemaakte vêrkykers op die uitkyk is, draai ons sonder sukses terug na ons huisie toe. Dit gebeur ook in die lewe. Miskien is dit ook ’n beeld om oor na te dink. Ons loop God mis ten spyte van Sy teenwoordigheid in ons land, gemeenskap, kerk en huis.

Hierdie komende Sondag gesels ons oor Jesus se lewe. Jesus is in sy vroeë dertigs, hy werk met steen, hout en klip. Na die dood van Josef sou Jesus brandarm grootword as hoof broodwinner van Sy gesin. En in 3 jaar verander Jesus die ganse rigting van die kosmos. Hy bring lewe waar donker heers. Hy herstel die geloof en hoop van verlore mense. Hoekom loop ons so gereeld Jesus se lewe mis? Is ons te veel gefokus op sy geboorte en Sy kruisdood dat ons sy lewe miskyk. Ons kyk ook wat verstaan kunsmatige intelligensie oor Jesus se lewe.

Welkom tuis by Helderberg. Kom Sondag kerk toe. Laat jou stem, hande en huis deel word van die aanbidding en volg ons op sosiale media.

Groete in Christus,
Deon Els

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri