Teken in op ons YouTube-kanaal en kry so elke keer ‘n kennisgewing van nuwe video’s kliek op hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UChAVTuuZ0ewy6b_wy6PTZ1g
Bespreek hier vir die dienste in die kerk: https://forms.gle/jj2PFQKF4oBYzf6x5
Vorm sal op 'n Maandag beskikbaar wees vir die komende Sondag.
Dis nou byna 9 jaar wat ek die voorreg het om by Helderberg Gemeente te kan werk as Kinderbediening-koördineerder. Ek wil graag iets deel van my reis tot hier en dan spesifiek die baie spesiale gebeurtenis wat plaasgevind het op Maandag 29 Maart, my Legitimasie as Diensleraar.
Ek het die voorreg gehad om groot te word in Somerset-Wes, met Helderberg Gemeente as my tuiste en waar ek Sondag na Sondag in die Sondagskool was, natuurlik omdat my ma toe hier gewerk het as Musiekkoördineerder. As tiener was ek betrokke by die tienerkerkraad, sanggroep, Exodus band en nog vele ander aktiwiteite hier by die gemeente. Danie O’Kennedy was toe my jeug-predikant!
Ek het reeds as tiener ervaar dat die Here my roep om met kinders en jongmense te werk, nie omdat my pa ‘n predikant was of omdat ek so baie in die kerk gekom het nie, dit is regtig iets soos ‘n begeerte om ‘n verskil te kan maak in God se Koninkryk! Na my Diensjaar vir Christus na matriek, het ek Jeugwerk gaan studeer by Hugenote Kollege en behaal my Hon. B.Diac graad in 1999. Wonderlike vormingsjare op vele gebiede!>>
Ek begin toe dadelik werk as Jeugwerker by Strand Moedergemeente waar ek die hele Jeugbediening behartig het tot einde 2005. Hier het ek ook my man, Jan, ontmoet en ons is in 2004 getroud. Vanaf 2006 het ek my musiek-passie uitgeleef as Kindermusiek-opvoeder, het deeltyds ook by Gordonsbaai Gemeente uitgehelp as Jeugwerker vir ‘n jaar en ‘n half, waarna die Here my weer terugbring na Helderberg Gemeente waar ek in 2013 begin werk as die Kinderbediening-koördineer (voorskool tot graad 3). Dis nie ‘n voltydse pos nie en daarom het ek ook so een of twee passies wat ek uitleef, onder andere as begeleidster vir Hendrik Louw Laerskool se senior skoolkoor en ek sing ook reeds 17 jaar in die fantastiese Stellenbosch Libertaskoor.
Jeremia 1:7b,8-9 sê: “Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het. Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê.”
My reis tot hier was beslis nie sonder foute en geensins “ smooth sailing” nie. Die lewe gebeur en mens kom gereeld op ‘n punt waar jy weer nadink oor waarheen jy op pad is en hoekom jy doen wat jy doen. Ek was al baie moedeloos ten opsigte van die lewe en my gesukkel dikwels om net deur een dag te kom wanneer die lewe se bekommernisse druk. Veral verlede jaar met Covid was geestelik, emosioneel en finansieel ‘n uiters uitdagende jaar! Maar, een ding wat steeds vas bly staan is dat die Here my steeds roep vir Sy diens, hoe dit ookal mag uitspeel. Om Christus steeds onverskrokke te volg. Om nie te huiwer waar ander jou pad kruis nie, al voel mens bedreig en dalk nie opgewasse vir wat wag nie.
Die NGK het die afgelope paar jaar ‘n nuwe baan vir teologiese opleiding geskep dat mense vir ‘n spesifieke bediening, daar is tans 6 bane vir verdere opleiding, as Diensleraars kan optree. Hierdie baan is juis vir mense wat reeds ‘n Graad het of wat reeds opleiding in Teologie ontvang het, soos ek. Dis juis omdat daar ‘n groot behoefte bestaan binne gemeentes waar slegs een of twee predikante is en waar die behoefte bestaan aan hulp en gemeentes nie altyd nog ‘n nuwe predikant kan bekostig nie.
Ek het die uitdaging aan myself gestel om in te skryf by die Kweekskool vir hierdie Kerklike Voorbereidingsjaar met die oog op legitimasie as Diensleraar met bedieningsfokus, Familie en Jeug. Met die kerkraad se ondersteuning, het ek die Voorbereidingsjaar deurloop. Ek het buiten ‘n preekstudie ook ‘n voorbereidings retraite van 5 dae bygewoon in Oktober 2020.
Na my finale gesprek verlede week by die Kuratorium, is ek en 13 ander gelegitimeer as Diensleraars, Maandagaand 29 Maart. Wat ‘n voorreg om dit te kon deel met my man, kinders, ma en jonger broer.
Ek weet ek hoef nie bang te wees nie, want God skenk my genoeg – en dan nog! Hy staan my by ongeag hoe my reis verder lyk. Dankie Helderberg Gemeente dat julle my so omvou en omarm en langs my staan op my reis. Wat ‘n voorreg om saam met God en mekaar op reis te wees.
Ek spot nou deur te sê dat ek ‘n “proppie” is. My man sê ook nou dat hy die enigste meneer Dominee is wat hy ken.
NS: Al die gelegitimeerdes het ‘n pragtige stola/serp/shawl ontvang met die kleure van die kerklike jaar vol simboliek wat daarmee gepaard gaan. Regtig pragtig en betekenisvol.
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Hiermee nooi ons spesiaal almal uit wat die afgelope jaar iemand aan die dood moes afstaan na Sondag se diens in die kerk. Onthou daar is 'n kinderdiens in Joppe tydens die Informele diens.
Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Kelly Mostert – rugoperasie na motorongeluk
Breda Ludik – begin met behandeling vir slukdermkanker
Rina Siebert – chemo behandeling
Estelle Louw – herstel stadig na opehart-operasie
Alta Foster – herstel stadig na operasie aan elmboog
Mike Basson – herstel van longontsteking
Linda Oosthuyzen – herstel tuis na beroerte
Gerhard van Vuuren – herstel tuis na beroerte
Faan van der Westhuizen – chemo behandeling
Baby Meyer – verswak
Ons bid vir almal wat help en leiding gee sodat ons in die Covid-tyd veilig in die kerk kan aanbid.
Rou:
James Badenhorst is oorlede, ons dink aan sy vrou Annemaré en seun Vermeulen en skoondogter en twee kleinkinders.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of ontvangs@nghelder.co.za
04.23.2021
Skole sluit
04.24.2021 - 05.02.2021
Skoolvakansie
04.27.2021
Vryheidsdag
05.01.2021
Werkersdag
05.02.2021
Doop
05.02.2021
Sinodale bid- en dankdag
05.02.2021
Arbeidsondag
05.03.2021
Skole open
05.09.2021
Moedersdag
05.11.2021 7:00 pm - 7:00 pm
Omgeegroepleiersvergadering
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus