Dienste word lewendig uitgesaai op YouTube, gaan na YouTube en teken in by Helderberg Gemeente.
Eredienstye (somer):
08:00 Klassieke diens
08:30 Meditatiewe diens
09:00 Hoop (Sitari) - skoolsaal van Curro Skool
09:30 Informele diens
09:30 Kiddie- en Tekkiekerk
10:00 Helderberg Village - Kilberry saal
18:00 Tieners
19:00 Aanddiens
(Wintertye begin op 2 Junie 2024)
Tipiese aktiwiteite gedurende die week:
Dinsdagoggend – gebedsgroep wat bid vir die kerk en die land van 06:00-06:45, kom bid saam al kan jy dit net een keer per maand doen.
Woensdagoggend – Kreatiewe Kuiergroep kom elke 2'de Woensdag in die Tent bymekaar om 10:00. As jy lus het om iets kreatief te doen kontak vir Magdel by 082 400 0903.
Donderdagoggend – Bybelstudiegroepe. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans).
Vrydagoggend – Manne Bediening kom bymekaar in die Kapel om 06:00, hulle bid saam en gesels saam. Kontak vir Jaco by 083 675 5687 of Leon by 081 019 0710 indien jy meer wil weet.
Dan is daar ook verskeie omgeegroepe en wyksgroepe, asook ‘n groep vir jong werkendes. Gesels met René meer hieroor by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 5582, sy kan vir jou meer vertel oor al die kleingroep.
Het goed al ooit so deurmekaar gelyk soos nou? Sondag gaan ons stil staan by Openbaring 4. Johannes en die mense van sy tyd beleef ‘n tyd soos ons waar dit voel of alles uitmekaar val. Die mense kyk na wat om hulle gebeur en hulle roep moedeloos uit daar is nie hoop nie. Johannes sien ook alles wat gebeur, maar in die middel van alles sien hy iets wat vir hom moed gee. Sien hy hoe sit God op die troon en dat Hy heers. Meer nog dit word so ‘n oorweldigende belewenis van God se grootheid en teenwoordigheid dat die res van die prentjie so bietjie verdwyn en Johannes kan nie anders as om uit te roep saam met die engele nie.
Party lees Openbaring en word angstig en onseker omdat daar soveel dinge is wat nie sin maak nie, of wat verskillend geïnterpreteer kan word. Ander lees Openbaring en vind rus, omdat soos die wêreld deurmekaar is, so ook Openbaring, maar in die middel is daar ‘n anker, ‘n vaste plek van hoop. Oorheers God se grootheid die angs. Vandag gaan ons STOP en fokus op die God in die middel van die chaos. – Paul Barnard
Die diens is beskikbaar op ons YouTube-kanaal, ons Facebook, webblad en ook op die gemeente se WhatsApp-groep. Sondag se deurkollekte gaan vir Pêrelprojek.
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
-boodskappe: 074 271 1589
Facebookgroep
Word gerus deel van ons Facebookgroep met die naam: Helderberg Gemeente gesels lekker
Word deel van ons WhatsApp-groep
Wil jy die skakels na die preke en ander inligting kry op WhatsApp, kliek op die skakel hieronder met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0
Of gebruik die QR kode:
- maak WhatsApp oop
- gaan na settings
- maak die QR kode langs jou naam oop
- scan ons QR kode
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Marieta Viljoen - heupvervanging
Bia Kleynhans – ICU, seldsame bloedsiekte
Salome Visagie – operasie vir breingewas
Andre le Grange – ernstig siek
Robin Furniss – herstel na operasie
Fanie Roux – kanker
Marni Rischmuller se ma Maritha – kanker
Issie Ponelis – kanker
Elmine Stickling – kanker
Jan Brits – herstel na operasie
Francois Roux – sterk tuis aan
Cecilia Lötter – sterk tuis aan
Emmie van Tonder – kanker
Susan Crafford – verswak
Ons is dankbaar:
- dat U ons gemoed vernuwe
- dat U met liefde na ons kyk
- dat U my kop oplig
Rou:
André le Grange is oorlede, ons dink aan sy vrou Isolde en familie.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of onderlingesorg@nghelder.co.za
want elkeen wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dít is die oorwinning wat die wêreld oorwin – ons geloof. 1 Joh 5:4
Liewe Lidmaat
Die POPI inligtingswet is vanaf 1 Julie 2021 inwerking en ons bevestig hiermee dat lidmate se persoonlike inligting veilig hanteer en bewaar word. Lidmate kan dmv ons webblad aansoek doen (kliek hier) om toegang tot hulle inligting te verkry. Vir verder navrae kontak gerus ons Inligtingsbeampte, Grazie Beets, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus