'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons vennoot, die Christian Reformed Church in Sri Lanka se embleem is ‘n groot afgekapte boomstomp met ‘n nuwe takkie waar blare groei. Dit is so sinoniem met dit wat tans gebeur. Alles begin by ‘n huisgesin waar ander huisgesinne nuuskierig word en die geloofsgemeenskap so groei dat hulle ‘n gemeente word, waaruit nuwe gemeentes ontwikkel.

Die Sri Lanka Projekspan is nog steeds betrokke by 3 bedieningspunte, waaruit daar vele ander bedieningspunte ook ontstaan het. As gevolg van veiligheidsredes wil ons eerder nie name en dorpe noem nie omdat hulle dalk onnodig blootstel kan word. Die projek befonds die drie evangeliste se vergoeding.

Die Projekleier, Paul Kilian, en Louise Theron het in Januarie 2022 besoek afgelê by ons vennoot en kan ons rapporteer dat meer gedoen word as wat ons verwag het. Dis die eerste keer dat ons die nuwe evangeliste by ons missie stasies leer ken het na hul rotering begin 2021 en was ons beïndruk met die uitbreiding, intense evangelisasie en projekte wat hulle geloods het die afgelope 3 jaar sedert ons vorige besoek in 2019. Die evangeliste is baie innoverend om die Woord op kreatiewe maniere by onbereikte gemeenskappe te kry. By die bedieningspunte kom mense tot bekering, dissipelmaking vind plaas, daar word intens in jeugleierskap investeer, die kerk groei en kerkplanting vind plaas. Uit die bedieningspunte ontstaan nog kleiner gemeentes wat ook fluks groei. Inaggenome van die pandemie was ons verheug. Louise het ‘n werksessie aangebied oor trauma insident vermindering. Dit was baie goed ontvang en die bywoners het ons verseker hulle kan dit goed benut. Die leraars en pastore is nou ook goed toegerus om trauma berading aan te bied, veral nou met die Corona-virus.>>

God is hard aan die werk in Sri Lanka. Om hierdie groei te sien, te ervaar en positiewe terugvoerings te kry oor hoe hulle groei, maak ons nederig. Dis altyd wonderlik om die woord groei te hoor. Dis positief en verblydend. Dis wat dit vir ons as projekspan bemoedig om deel te wees hiervan. Projekspan Dalena Spies, Louis Visagie, Paul en Marianneke Kilian is deurgaans in noue kontak met ons vennote en die evangeliste. Ons ontvang en deel gereeld gebedsversoeke wat maak dat ons weet ander bid ook vir ons en ons vir hulle in ander dele van die wêreld.

Die projekspan, in samewerking met Helderberg Uitreikbestuur is ook betrokke by spesifieke opleiding van die CRCSL leraars, pastore en evangeliste op hulle versoek.

Hulle groei maak dat ons ook geestelik groei. Groei is die dryfkrag wat maak dat ons betrokkenheid so kosbaar is. Ons is lief vir hulle. Ons weet hulle kry swaar, maar hulle groei so dat hul geloof verdiep in God. En die beste van alles is dat hulle altyd vriendelik is en glimlag. Dis so al of God se liefde en hul geloof in Hom genoeg is.

Gebedsversoeke:
• Die beskerming van die gemeentes in Sri Lanka
• Die volgehoue uitbreiding van God se Koninkryk in hierdie pragtige land

Indien jy graag wil deel in hierdie Heilige Gees ervarings, maak gerus kontak met ons. Ons wil graag hierdie ervarings met julle deel en julle op hoogte hou. Ons het jul gebede en belangstelling nodig.

Vir enige navrae, belangstelling en betrokkenheid kan die Projekleier, Paul Kilian, gekontak word by 083 626 4965 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri