'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Daar is sekere gebeure in ’n mens se lewe wat jy nooit sal vergeet nie. Dink byvoorbeeld aan jou troudag, ’n kind se geboorte, die eerste keer wat jy ’n verbintenis aan Jesus gemaak het, ens.

In Josua 5:2-15 lees ons van drie belangrike gebeurtenisse net voor die intog in die Beloofde Land: (1) Die volk Israel word opgeroep om hulle te besny (vv 2-9); (2) Die Pasga word by Gilgal gevier (vv 10-12); (3) Josua het ’n besondere ontmoeting met ’n verteenwoordiger van die Here (vv 13-15). Hierdie gebeure het die volk herinner aan wie God is en alles wat Hy vir hulle gedoen het.

Die grootste gebeurtenis waaroor die Bybel praat is Jesus se sterwe en opstanding. Dit is nie net ’n treffende verhaal of ’n mooi ritueel nie. Dit het elkeen van ons se lewens drasties verander. Ons mag dit nooi vergeet nie.

En as ons weer hieraan herinner word, wil ons ook soos Josua ons skoene uittrek. Ons kan nie anders as om hierdie lewende Jesus te aanbid nie.

Danie O’Kennedy

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri