'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die grootste oomblikke in ons lewes is sekerlik die groot liefdes verklarings. Daar waar jou man/vrou vir die eerste keer in jou oë gekyk het en gesê het: Ek is lief vir jou. Wanneer julle aan mekaar bevestig: Jy is my alles. Die eerste keer toe jy jou kind in jou arms vasgehou het en net besef het jy is met jou hele menswees lief vir hierdie mensie. Wanneer jy dan oor en oor sê ek is lief vir jou en dit elke slag voel of jou hart wil bars van hierdie liefde wat amper te groot is vir jou. Hierdie oomblikke maak jou lewe vol en gee jou sin.

Dit gaan nie net daaroor dat wanneer iemand dit vir jou sê nie, maar wanneer jy dit vir iemand anders sê. Ons is geskape na die beeld van God, in God se diepste wese is dit wie Hy is. Die God wat liefhet, die God wat sy liefde teenoor ons uitspreek en leef tot aan die kruis.

Ons kyk Sondag na Lukas 3:1-21 en ons kry God in een van die brose oomblikke waar Hy na sy seun Jesus kyk en sê: Jy is my geliefde seun! Ons het die voorreg om ‘n klomp babas te doop en kom staan weer saam met hierdie babas en hulle ouers voor God. Ons kom staan voor hierdie brose God en hoor dat hy vir my en jou sê: Jy is my geliefde.

- Paul Barnard

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri