'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Helderberg Gemeente is gesetel binne die Ring van Somerset-Wes. Die gemeente onderskryf die Bybel as die Woord van God. Ons het ʼn passie vir God en ʼn hart vir mense en ʼn wêreld in geestelike en fisiese nood.

Die werknemer moet ʼn lidmaat van die NG Kerk wees/word, wat nie deur enige ander ooreenkomste, teenstrydige oortuigings of beperkings daarvan weerhou word om diens in die gemeente te lewer nie.

Die pos behels die volgende:
• Samewerking met vrywilligers en donateurs
• Fondswerwing
• Samewerking binne die kerklike struktuur
• Begeleiding en emosionele versorging van Uitreikpersoneel en Projekleiers
• Mobilisering van lidmate
• Finansiële bestuur
• Bemarking
• Kommunikasie
• Opleiding
• Administrasie
• Projekbestuur
• Selfontwikkeling >>

Die werknemer erken dat sy/haar voorbeeld, optrede en ywer die kwaliteit van gemeentelike funksionering mede-bepaal en hy/sy onderneem om:
• erns met sy/haar persoonlike Bybelstudie en gebedslewe te maak;
• sy/haar lewensinstelling en optredes op hoë morele standaarde te bou;
• die waardigheid en selfrespek van elke persoon met wie hy/sy in die loop van sy/haar dienslewering in aanraking kom, te erken, te handhaaf en te bevorder;
• alles in sy/haar vermoë te doen om die Gemeente se belang ten alle tye te bevorder.

Die pos vereis die volgende:
• Kennis en ervaring van kerklike getuienis of uitreikbediening.
• Verkieslik nagraadse opleiding in bestuur en/of menslike wetenskappe. (‘n Kwalifikasie in sielkunde of maatskaplike werk sal voordelig wees)
• Kennis en ervaring van die bestuur van NPO’s en PBO’s.
• Rekenaarvaardigheid ten opsigte van MS Office Suite en Outlook is noodsaaklik.
• Sal verantwoordelik wees om ‘n NGO (Helderberg Uitreik) te bestuur.

Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
• Kort CV, nie langer as 4 bladsye
• Motiveringsbrief
• 3 Kontakbare referente
• In ruil vir jou dienste bied die NG Kerk Helderberg ʼn mededingende pakket en aangename werksomstandighede.
Sluitingsdatum vir aansoeke is 22 April 2022 om 12:00.
Aanvangsdatum van pos is 1 Augustus 2022
Rig navrae aan die Menslike Hulpbronbeampte via Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Deur die indiening van hulle CV’s, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPIA-wetgewing deur KSM vir kerklike doeleindes asook vir die aanstellingsproses gebruik kan word.
Die taakspan Helderberg Gemeente behou die reg om nie ’n aanstelling te maak nie.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri