'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Doktorale studie by Helderberg se Klassieke Diens geïmplementeer

Yolanda Botha, ons orrelis, is besig met nagraadse studies wat wil bepaal watter rol meditatiewe musiek en stilte op ons geestelike ervaring in 'n tradisionele NG diens het. Ons samelewing is altyd bedrywig, word gebombardeer met beeld en klank en daar is min kans om tot rus te kom en by God se voete stil te word. Met die implementering van hierdie studie, wil Yolanda bepaal hoe nodig ons eintlik hierdie oomblikke van rus en oordenking het.

Ons is baie opgewonde dat ons gemeente kan deel uitmaak van hierdie navorsing in die Suid-Afrikaanse Gereformeerde veld, en glo dit sal dieper insigte verskaf oor ons aanbidding wat vir gemeentes regoor Suid-Afrika (en die wêreld!) kan help om op dieselfde wyse 'n dieper verhouding met God te ontdek.>>

Yolanda sal na afloop van die Klassieke dienste op 24 en 31 Julie vraelyste uitdeel om kontrole data in te samel voordat die implementering van die aangepaste liturgie sal intree op 7 Augustus.

Oor die loop van die derde kwartaal sal daar in ons Kapel fokusgroepsessies aangebied word vir enige belangstellendes wat meer te wete wil kom oor die oorsprong en doel van meditatiewe musiek en die beoefening daarvan. By hierdie geleenthede sal daar ook 'n kort diens, gebasseer op dié soos gevind in Taizé, plaasvind.

Indien jy insette wil lewer en 'n bydrae wil maak as deel van hierdie opwindende navorsing, nooi ons jou spesiaal uit om oor die volgende paar maande die Klassieke diens by te woon.

Vir meer inligting, kontak gerus vir Yolanda Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Yolanda Botha

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri