'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

In 2022 was geleenthede vir uitreik, opleiding en ondersteuning aan afrigters en gemeenskapsleiers meer, maar nog steeds nie waar dit voor die Covid 19-pandemie was nie.

Vroeg in die jaar is ‘n baie geslaagde “Holistic Sports Coaching” werkswinkel aangebied vir ‘n aantal gemeenskapsafrigters in en om Onrusrivier by die NG Kerk Onrusrivier se kapel. Onderwerpe wat bespreek is sluit “The heart of the coach”, “P- in Coaching”, asook die 4 Lines sport & Life grid in. Ons sien uit na die volgende geneentheid om verder saam met hierdie afrigters te reis en in hul lewens in te bou.

In Piketberg, Mitchellsplein, Kayamandi en Faure is voortgegaan om afrigters en gemeenskapsleiers te ondersteun en te bemoedig. Megan het vir Linda by Faure gehelp in Hendré was betrokke ter ondersteuning van die afrigter by Faure rugby klub.>>

Moswin van Piketberg Sports Development (PSD) gaan voort met sy wonderlike werk en inisiatiewe in die gemeenskap. 4 Lines was onder meer betrokke by ‘n tennisprojek, ‘n vakansie sportprogram, golfontwikkeling en ander inisiatiewe van PSD. Vanjaar is die 5de jaar wat 4 Lines betrokke is in die Piketberg omgewing saam met Moswin. Dit is wonderlik om te sien hoe hy groei as leier en as mens. Dit is ‘n voorreg om hier te kan betrokke wees en deur die slagspreuk van “Coaching ordinary principles for extraordinary results” kan uiting gegee word aan 4 Lines se roeping:

2 Timoteus 2:2 “ Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne en vroue wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer”

Uitreikgeleenthede is gebruik en 4 Lines wil elke persoon wat voorbidding doen, fondse en/of toerusting skenk opreg bedank. Ons kan getuig van God se seën en 4 Lines is dankbaar dat ons God kon verheerlik deur sport en spel – Om draers van hoop te wees binne die 4 lyne en buite die 4 lyne!

Kontakbesonderhede: Hendré Smit by 082 874 3995 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Ilse Anthonissen by 082 368 4133 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri