'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Helderberg Uitreik se Sir Lowry’s Pass projek fokus op die kinders van die Village. Ons bestuur sedert 2010 ‘n Kindervoedingsprogram in samewerking met inwoners Babsie Steyn (Sir Lowry’s Pass Primêr), Fiela Opperman (Fiela se huis-sopkombuise, die Young Ones-tienerkoffiekamer en Bybel- en dansklassies vir kinders) en Zelna Cupido (Kingdom Kids crèche). Behalwe vir die direkte waarde van gesonde, gereelde voeding, glo ons ook dit is een van die voorvereistes vir suksesvolle opvoeding wat weer ‘n sleutel tot persoonlike ontwikkeling en armoedeverligting is. Ons voorsien tweeweekliks bestanddele sodat hierdie engele in die Village vir die kinders in die gemeenskap kan kosmaak. Ons het by hulle geleer wat dit beteken om Jesus se hande en voete te wees en om ander sonder oordeel of voorwaardes met ‘n liefdevolle gesindheid te dien.

Die SLP Leerderondersteuningsprogram vir hoërskoolleerders het in 2014 begin en behoeftige leerders word d.m.v. ‘n beurs in staat gestel om met hul hoërskoolopleiding voort te gaan. Die beurs dek skoolfooie, uniforms en skryfbehoeftes. Gemeentelede se bydraes stel ons in staat om tot 20 leerders per jaar in hierdie program te ondersteun.

Die gemeente se bydraes en ondersteuning stel ons in staat om vir Babsie, Fiela, Zelna en die kinders in die Village op verskeie maniere te ondersteun. Kom gesels asseblief met ons as jy wil betrokke raak of nuwe idees het oor hoe om die kinders van Sir Lowry’s Pass te bemagtig.>>

Ons gaan vanjaar weer kerspakkies vir die kinders by Kingdom Kids crèche opmaak en nooi gemeentelede om hierby betrokke te raak. Dit is elke jaar ’n groot lekkerte om die vreugde te sien wanneer hulle hul pakkies oopmaak. Tydens die oggenddienste op 13 November 2022 kan gemeentelede kinders se name kom trek, ’n pakkie vir hulle gaan opmaak en dit teen 27 November 2022 by die kerk afgee. Ons is baie opgewonde oor hierdie projek.

Baie dankie aan almal wat gereeld kos, speelgoed en finansiële bydraes lewer, asook die wat hul tyd en vaardighede tot die voordeel van Sir Lowry’s Pass se kinders aanbied. Ons waardeer dit opreg!

Projekleier: Sarita Groenewald by 082 557 5551
Projekspan: Reitz & Marie-Helene Broeksma, Chris Eagar, Hennie & Sarita Groenewald, Charl & Magdel van den Berg, Willie & Leonette Venter, Nico & Alet Vermeulen en die getroue span gemeentelede en ander Helderbergers wat ons finansieel ondersteun.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri