'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ek lees vandag met ‘n skok dat die All Blacks elkeen $35 000 bonus kry as hulle die finaal haal, maar dat elke speler $150 000 ekstra bonus huis toe vat as hulle die Wêreldbeker wen. Suur jaloers sit ek hier by myself en dink dit is darem regtig onregverdig dat party mense soveel kry! Dan hoor ek Meghan Markle wil 80 000 000 POND hê wanneer sy skei van Prins Harry. Dit is so onregverdig dat daar mense is wat soveel geld het. Die berig word gevolg met deur ‘n artikel: “The Beginners guide to buying your own Island”. Blykbaar is die grootste probleem deesdae dat daar nie meer eilande te koop is nie, want die rykes raap dit op. Dit was goedkoop, die kleintjies het gegaan vir 1-3 miljoen DOLLAR. Die mooistes gaan vir so $200 000 000. Hoe groot is jou rykdom? Wat het jy uit hierdie lewe gekry? Dit voel vir my baie keer of ek ook baie gekry het, ek het skuld op my huis gekry en as ‘n bonus skuld op my kar en toe vir ‘n geskenk, skuld op my kinders se universiteits rekening. Ek voel so maklik onvergenoegd as ek kyk na wat mense het. Dan besef ek alles is maar tydelik net vir ‘n kort tydjie. Daar moet tog meer wees aan die lewe as om vir 20-40 jaar jou goedjies blink te maak wat jy bymekaar gemaak het.>>

Wat het jy in die lewe ontvang wat die lewe werklik die moeite werd maak? Hoeveel van hierdie dinge wat jy ontvang het, is jy eienaar van en hoeveel van hierdie dinge is jy maar tydelik die persoon wat daarna omsien? Hoeveel van hierdie dinge wat jy ontvang het gaan maar net vergaan eendag? Ons gaan stilstaan by die illusie van eienaarskap. Ons gaan kyk na die gawe om te ontvang en ons gaan in die diens die geleentheid hê om die nagmaal te ontvang. Ons gaan ‘n oomblikkie stilstaan by ons tydelikheid en ons gaan ook die ewigheid vier. Kom beleef iets van ontvang hierdie Sondag saam met die gemeente.

Sien jou Sondag
Paul Barnard

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri